Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Anton Rupert: 'n Lewensverhaal

Anton Rupert: 'n Lewensverhaal

Die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener dr. Anton Rupert word hier vir die eerste keer volledig en sonder doekies omdraai vertel.

Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie, soos Harry Oppenheimer, ryk ge-erf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt-groep was vervaardigers wat wÍreldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill en Mont Blanc. Binne enkele dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, een van die rykste families in Afrika gemaak het. Maar Rupert is gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Hy staan vir deelgenootskap en saambestaan en bots gevolglik telkens met die politieke leiers van die dag. Hy bevorder ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring en begin oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat vandag nog telkens nuus maak.

Diť besielende boek, wat put uit vele gesprekke met Rupert, sy gesin en mense oor die hele wÍreld wat hom goed ken, sal wye belangstelling wek.
Koop / Buy Anton Rupert: 'n Lewensverhaal....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W