Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Tapisserie met klein diere

Van heinde en ver trek die familie op die kusdorp byeen: 'n Bejaarde vader word uit 'n ouetehuis gehaal, 'n middelklas-gesin kom vanuit 'n buurland, twee broers ronk op 'n motorfiets die stilte binne en die deure van 'n viertrekvoertuig klap toe agter die woelige kinders van die sjiek vrou van 'n diplomaat. Dit is 'n ongewone samekoms, want 'n geskiedenis van wrewel en verdriet het lankal die familieverbintenise verwater tot weinig meer as sporadiese kontakte. En daarom is daar met hierdie samekoms in 'n paradysagtige kuslandskap kwalik weerstand teen die donker onderstominge wat met die mag van 'n vulkaan na bo wil bars.

Wat sou Gerhardt, 'n geskeide alleenloper, beweeg om die byeenkoms te reel? Hoe kon Dorothea, wat met haar ysere wil ideaal toegerus is vir die rol van matriarg, so lank afsydig staan teenoor haar familie se lotgevalle? Is dit haar kuns, die ragfyne tapisserieŽ waardeur sy die kompleksiteite en nuanses van haar waarnemings probeer weergee, wat haar bolwerk is? Of is haar kuns juis 'n beeld van haar familieŽrfenis - 'n siedende takelwerk van rafels en los drade wat die sublieme oppervlak onderlÍ. Dalk is dit Gerhard se beweegrede - dat hy pynlik bewus is daarvan dat daar iets groots en onbeskryflik donker is wat deur alle skitterende vlakke na bo moet bars.

Erika Murray-Theron se prosa is geslyp en rats, sekuur ingestel op die ingewikkeldhede van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit is 'n kragtige en meesleurende familiedrama wat nie net die donker keersy van verhoudings ontgin nie, maar uiteindelik ook die ruimheid van gees wat alle durende verbintenisse moontlik maak.

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W