Stuur jou resensie vir ons by

Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer lewer nie meer af nie. Die gholfbolposbus is vol rekenings. Mabeline Beeslaer is geretrench en soek vergetelheid in ´n Loslyf op die stoep.
Mignon, die Woterkloofpoedel, word deur die noodlot in Frik du Preezstraat uitgespoeg en word deel van die bestaanstryd van betaaldag tot betaaldag. Maar dan kom Tango du Toit met sy wit suit en laat die mense weer van voor af droom en hoop.
Die uitgewer Kwela sê ´n Pawpaw vir my darling is ´n moet. Dit is rou, politiek inkorrek en skreeusnaaks. Dis bowenal ´n warm, menslike roman vol patos.
Jeanne Goosen is een van Suid-Afrika se mees prikkelende skrywers, dramaturge en joernaliste. Sy werk op die oomblik as vryskut joernalis en skrywer.
Haar vorige treffer was Wie is Jan Hoender? In 2000 is die dikwels herdrukte Ons is nie almal so nie (in Engels
uitgegee as Not all of us) heruitgegee.
Koop ´n Pawpaw vir my darling...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.