Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ook skaduwees laat spore

Veral in die jare 1954 tot 1986 het Hennie Aucamp sogenaamde populêre verhale geskryf wat oor die radio voorgelees en in studente- en gesinstydskrifte gepubliseer is. In hierdie bundel bied Tafelberg Uitgewers lesers 'n keuse uit diť werk. In die vroegste verhale roep hy sy jeugwêreld, die Stormberge, helder op, en 'n vervloë era herleef. In die lateres word ander omgewings en leefwyses verken.

Tye en kontinente mag wissel, maar telkens toon Hennie Aucamp hoe die mens in nood uitreik na sy medemens. Dit is die eerste keer dat die vroeë werk van hierdie prominente en bekroonde skrywer gebundel word.

Hennie Aucamp was professor aan die Departement Afrikaans by Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Tans woon hy in Kaapstad. Van sy veelvuldige boeke is die volgende bekroon: Hongerblom, Wolwedans (W.A. Hofmeyr) en Gekaapte tyd (Recht Malan). Hy wen die die Hertzog prys vir al sy prosa tot 1982. Sy vorige publikasie by Tafelberg is Lyflied.

Ook skaduwees laat spore word deur Tafelberg uitgegee. As dit nie by jou naaste boekwinkel beskikbaar is nie, tree met Serita Adams in verbinding by (021) 918-8603. Haar e-posadres is sadams3@naspers.com. Tafelberg het ook ´n tolvrye nommer weeksdae tussen 09h00 en 16h00: 0800-220-224.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W