Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Driving over Lemons

deur Chris Stewart

Die sub-titel van hierdie boek is "An optimist in Andalucia", en Chris Stewart skryf nie ´n feëverhaal van idilliese sonsondergange en die goeie lewe nie. O nee. Die werklike lewe in ´n afgeleë bergplasie in die gopse van Spanje is nie vir sussies nie. Maar, soos Chris ons herinner, hy is ´n ewige optimis. Moontlik het sy lewensuitkyk ontstaan toe hy as 17-jarige besluit het om die (nou beroemde) groep Genesis te verlaat, om ´n skaapskeerder te word. Na baie jare as skaapskeerder en reisskrywer besluit hy en sy vrou om ´n plasie in die Spaanse streek Las Alpujarras te koop, en daar met suurlemoene, olywe, amandels en vreemde bure te boer. Die plasie had geen lopende water, geen elektrisiteit, en ook geen toegangspad. Dit het die Stewarts egter nie afgesit nie - en hierdie boek vertel die interresante storie van al die avonture wat hulle gehad het om hul plaas bewoonbaar te maak, asook al die snaakse insidente en karakters wat hul ontmoet het.

"'Are there scorpions?' 'Of course. The place is crawling with scorpions...and snakes,' he continued happily. Thick as my thigh, some of them."

- aldus die vorige eienaar, kort nadat die Stwarts die koop- kontrak onderteken het.

Maar, die heelal is soms snaaks, en miskien juis omdat hulle so ´n harde stryd gehad het om ´n bestaan uit hierdie die harde wêreld te maak, raak die plaas El Valero onlosmaaklik deel van die Stewart-familie.  Hier het hulle binne ´n paar jaar hegte vriendskappe met hul peasant-bure gesmee, en het hul babadogter die landskap aangeneem as haar eie.

Miskien tog idillies, as mens daaroor dink.  


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W