Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Rebecca - Wilna Adriaanse

Rebecca

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in ItaliŽ op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid-Afrika en sy soek 'n "regte" werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal.

Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen. Maak nie saak dat die pos nooit in 'n koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Rebecca wag hom dus een middag in in die maatskappy se parkeergarage. En stel haarself voor aan hom met die woorde: "Ek kan uitstekend organiseer en ek steel nie papier of skuifspelde nie." En op haar t-hemp staan geskryf, I think, therefore I am single.

Vir 'n oomblik dink Julian dis die eerste April, maar hy leer baie gou dat Rebecca nie iemand is wat maklik moed opgee nie, en dat sy Šltyd blatant eerlik is.

Na die tyd kan hy haar aanstelling nie eens aan homself regverdig nie. En Rebecca? Rebecca kan nie begryp waarom sy so jammer voel vir 'n man wat dan alles het wat sy hart begeer nie ...

Rebecca se skepper, Wilna Adriaanse, het op Worcester grootgeword en aan Stellenbosch Universiteit 'n BA en BA honeurs in Sosiologie en Ontwikkelingsadministrasie verwerf.

Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en 'n half jaar in Giyani gewoon en het hulle in 1985 weer in die Kaap gevestig. Hulle woon die afgelope 13 jaar in Durbanville, waar Wilna 'n tuisbly-ma vir hul drie seuns geword het terwyl sy haar studies aan Unisa voortsit.

Wilna het haar eerste boek in 2000 gepubliseer. Haar belangstellings is lees, musiek en reis.
Koop / Buy Rebecca...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

Great South Africans
Great South Africans