Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die geluk van onsin

Die geluk van onsin

Die lewe is ´n optog in alle soorte kostuums, ´n bonte mengelmoes. Nie ´n tog op ´n weeldeskip nie, eerder ´n ruwe vlot waaraan ons vasklou op ons vaart deur die wêreld.

Daar is die kom en gaan van blyplek na werkplek, die gesukkel om geld te verdien om brood te koop, die geswoeg om jou huis af te betaal, of jou kar... soms lyk alles na pure onsin, ´n dolle gejaag na klatergoud.

Maar deur net effe uit ´n ander hoek te kyk vind ´n mens in doodgewone, alledaagse dinge dikwels die meeste geluk: ´n kind wat jou hand vat as jy struikel, om by iemand te wees wat jy liefhet, nŠ ´n dag se harde werk te kan sweet afvee, kalmte te ervaar nadat jy bang was, gesond te word nadat jy siek was.

Die uitgewer Tafelberg sê diť boek bevat insigte en ervarings van humor en hartseer van meer as 60 jaar. Daarby lei dit tot die herontdekking dat ware geluk opgesluit lê in skynbaar onsinnige dinge. Die kern van sommige stukke het op Sarie se agterblad verskyn.

Izak de Villiers was reeds wyd bekend as predikant, digter, rubriekskrywer en joernalis voordat hy voltyds ´n persman geword het. In 1982 is hy aangestel as hoofredakteur van Sarie, wat hy tot markleier uitgebou het. Daarna het hy hoofredakteur van Rapport geword en diť koerant tot nuwe hoogtes gevoer. Hy was ook direkteur van Nasionale Media en Rapport-Uitgewers.

Izak het talle boeke geskryf nadat hy in 1972 met Leitourgos sy debuut as digter gemaak het. Hy het ook meer as honderd gesange berym. Voor sy toetrede tot die pers was hy ´n bekende oor die radio en tv. Tans help hy weer as leraar in ´n Johannesburgse gemeente. "Nie dat ek veel doen nie," sê hy, "maar dis darem vir die liefde."

Tafelberg beskryf Die geluk van onsin as ´n lekkerleesboek waarin lesers van alle ouderdomme mense, gebeurtenisse en omstandighede sal herken met wie en waarmee elkeen die een of ander tyd te doen kry.
Koop/Buy Die geluk van onsin...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W