Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Fokus op meer as 400 vrae van gesinne: Wat mense die meeste pla

Fokus op meer as 400 vrae van gesinne wat mense die meeste pla

Dr. James Dobson is een van die voorste sielkundiges, skrywers en beraders in Amerika en word daagliks deur meer as 200-miljoen mense op meer as 4 200 radiostasies regoor die wêreld gehoor. Hy het ook as raadgewer oor gesinsake opgetree vir drie VSA-presidente. Dobson se boeke is wêreldwyd topverkopers en is in vele tale vertaal.

Lux Verbi.BM het pas sy blitsverkoper - Complete Marriage and Family Home Reference Guide - in Afrikaans gepubliseer onder die titel: Fokus op meer as 400 vrae van gesinne wat mense die meeste pla.

Hierdie boek is ´n omvattende en unieke verwysingsgids wat deur middel van vrae en antwoorde ´n nuttige naslaanbron vir ouerskap en die huwelik is. Dit behandel bykans elke faset van die gesin.

Aanvanklik word daar na die wese van die kind gekyk met wenke oor hoe om die voorskoolse kind groot te maak. Daar is veral interessante vrae en antwoorde oor dissipline en die voorskoolse kind, konsentrasieverliessindroom by volwassenes en kinders, enkelouerskap, seksvoorligting, die geestelike lewe van die gesin, mededinging tussen broers en susters, tieners en hulle probleme, selfvertroue en hoe om dit by kinders en tieners te bou, geldsake, in vitro-bevrugting, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, dobbel en sensuur.

Die boek word uit ´n Bybelgefundeerde oogpunt aangebied met ´n indeks van die vrae sodat die naslaan van probleme vinnig en doeltreffend kan gebeur.

Die uitgewer het ook wyslik besluit om name en telefoonnommers van Suid-Afrikaanse hulporganisasies te verskaf. Hierdie boek behoort permanent op elke ouer se bedkassie te lê.
Koop Fokus op meer as 400 vrae van gesinne wat mense die meeste pla...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W