Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.zaDie laagste vlugtariewe

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Barrie en boeke

Louise Steyn (LS), Uitgewer: Kinder- en Jeugboeke, Tafelberg-Uitgewers en Organiseerder van die Sanlam-prys vir Jeuglektuur, het ingestem om met Roekeloos te gesels oor wyle Barrie Hough.
Haydee Hollander (HH) het die vrae gevra.

HH: Barrie Hough se eerste (jeug)boek My Kat Word Herfs was ´n finalis in die 1985 Sanlamprys vir Jeuglektuur, maar dit was met sy boek Skilpoppe waarmee hy in 1999 met dieselfde prys bekroon is. Suid-Afrika (vergeleke met Brittanje byvoorbeeld) het ´n klein boekmark, ´n nog kleiner Afrikaanse mark om nie te praat van die gebrekkige biblioteekmark nie. Wat is die omvang van Barrie se invloed op die jong lesersmark?

LS: Haai, wag - nou laat jy ´n klomp bekronings uit! Barrie se tweede boek, die sterk outobiografiese Droomwa, is in 1990 bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur - en daarna nog ´n klomp ander pryse ook. Sy derde, Vlerkdans, is in 1992 bekroon met die Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur. Hierna het Barrie ´n bietjie laat slap l - hy het eers weer in 1998 ingeskryf vir die Sanlam-wedstryd. En ja, toe ´n prys verower met Skilpoppe.

Barrie het met sy eerste jeugboek die bakens verskuif in die wreld van die Afrikaanse jeugboek. En met elkeen van sy boeke daarna het hy voortgegaan om dit te doen. Reg van die heel eerste boek af was die jong mense mal oor sy werk - hulle het besef hier is iemand wat hulle taal praat en wat in voeling is met die jongmens in homself, en hulle het gereageer deur te wys dat hulle dit geniet om sy boeke te lees - tot so ´n mate dat talle onderwysers besef het dat as hulle die wrok en die wrewel uit die Afrikaans-les wil uithaal, hulle vir hul leerlinge Barrie se boeke in die hand moet gee.

Dit was nie net waar vir Afrikaanse jongmense nie, maar ook en veral vir Engelstalige jongmense - Barrie se boeke het hulle laat besef dat daar in Afrikaans ook boeke is wat handel oor di dinge wat vir vandag se jongmense belangrik is. Ek dink nie enigiemand sal ooit weet hoe groot die invloed ten goede is wat Barrie se boeke gehad het op jongmense se persepsies rondom boeke en lees nie.

HH: Barrie se boeke is steeds voorgeskrewe werk op skole (Skilpoppe byvoorbeeld), sommige in hul 21ste druk. ´n Enorme verlies enersyds vir uitgewers maar ook vir lesers van sy boeke?

LS: Ja, inderdaad. Dis ´n baie hartseer gedagte, dat daar nou niks gaan word van al die boeke waaroor hy tot die dag voor sy dood nog met my gepraat het nie. Almal wat Barrie geken het, sal weet dat hy sy boeke in sy kop beplan het en hulle tot in die fynste detail op sy vriende "uitprobeer" het nog voordat daar ´n enkele woord op papier was. En dan het dit gewoonlik iets groots gekos om te maak dat hy uiteindelik gaan sit om dit wat hy alles in sy kop uitgewerk het, op papier neer te sit. Party boeke het dit "gemaak", ander het langs die pad gesneuwel en nooit ´n werklikheid geword nie.

HH: Skryf was glad nie maklik vir hom nie. Om ´n nuwe boek te begin was vir Barrie ´n nagmerrie. En vir sy uitgewers?

LS: Dit het heelwat gekos om Barrie uiteindelik aan die skryf te kry. Mooipraat of dreig het nie gehelp nie. Op die ou einde was al wat gewerk het, ´n absolute sperdatum - soos vir ´n Sanlam-kompetisie. Hy was ongelukkig intelligent genoeg om te weet dat die sperdatums wat ek self uitgedink het, verskuifbaar was. Daarom dus dat sy boeke met al hoe langer tussenposes verskyn het.

HH: My Kat Word Herfs is ´n verhaal oor ´n introspektiewe seun wat hakkel, sy liefde vir die teater, katte. Soos in sy boek Droomwa, is hier outobiografiese elemente (sy gehakkel byvoorbeeld). "Die swart hond het in sy spoor getrap", het Barrie die gevoel van depressie in een van sy boeke beskryf. Vertel vir lesers van Barrie die skrywer versus Barrie die outsider en eensame.

LS: Ja, ek dink ek het hierbo al klaar heelwat oor Barrie die skrywer ges. Barrie as outsider en eensame? Die een is nie van die ander te skei nie. Dit is omdat Barrie ook ´n outsider en ´n eensame was dat hy so goed met jongmense ge-connect het, dat hulle so onmiddellik besef het hy weet hoe hulle voel wanneer hulle een van sy boeke begin lees. Dit is omdat Barrie ´n skrywer was en omdat skryf ´n obsederende ding is dat hy sy vriende soms tot malwordens toe vergas het op die storie wat op daardie oomblik die een was waarmee sy kop besig was. Dis was omdat Barrie ´n mens mal kon maak met die eise wat hy aan jou aandag en jou emosionele energie gestel het dat hy soms eensaam was, en ´n buitestaander . . . en ander kere die lig en die lewe van die paartie. Dit was omdat Barrie ´n skrywer se sensitiwiteit en verwondbaarheid gehad het dat die swart hond so getrou in sy spoor getrap het.

HH: Barrie het spesifiek die wreld van die leerlinge van die Westerse townships verken en so iets nuuts na Afrikaanse kinderboeke en die literatuur gebring. Ook is sy boeke vertaal - hoe word hierdie township taal vertaal en in ander tale/lande ontvang?

LS: Barrie se eerste drie boeke is ook in Engels uitgegee. Ek dink nie taal was ooit vir enige van die uitgewers ´n probleem nie. Dit was veel eerder ´n probleem vir die lesers van die oorspronklike Afrikaanse boeke. Met die publikasie van Barrie se eerste boek het daar ´n mini-storm losgebars in die geledere van die handhawers van suiwer Afrikaans oor al die Engelse woorde en uitdrukkings in die boek. Wat nogal ´n sekere pikantheid verleen het aan die storm wat daar ´n jaar of twee gelede oor Jackie Nagtegaal se Engfrikaans in Daar's vis in die punch losgebars het. Mens het soms gewonder hoe dit dan is dat die mense nou eers wakker skrik en begin kla.

HH: Breek bevat sowel Afrikaanse as Engelse teks. Is Uitgewers nog voorskriftelik oor die gebruik van meer as een taal (in teks en as aanhaling) in die Afrikaanse boek?

LS: Sommige uitgewers miskien wel - maar klaarblyklik nie Tafelberg-Uitgewers nie! Agter alles, soos die geleerde mense s, dit was waaroor die hele herrie met die publikasie van Daar's vis in die punch gegaan het. Talking of which: Barrie, wat op sy dae self bakens versit het, het na aanleiding van hierdie boek vir my ges: Van nou af aan gaan die Afrikaanse jeuglektuur verdeel word in pre-Nagtegaal en post-Nagtegaal.

HH: Hoe praat mens met tieners? Veral na monumentale boeke soos Harry Potter en Lord of the Rings?

LS: Ek dink nie Tolkien se boeke was ooit bedoel om kinderboeke of jeugboeke te wees nie. Dit is wat hulle so groots maak - dat beide jongmense en volwassenes hulle met ewe veel oorgawe kan lees. En Harry Potter - dis doodgewoon iemand wat ´n goeie resep uitgevind het en dit intelligent eksploiteer. Ek persoonlik sou nie die woord "monumentaal" op di boeke van toepassing maak nie. Buitendien is daar ´n wreld se verskil tussen die soort boek wat Barrie geskryf het en hierdie boeke. In die huis van die letterkunde is daar plek vir baie verskillende boeke!

HH: Barrie vra in 1989 '... wat presies is die jeugverhaal? As ´n jeugverhaal so genoem word oor die ouderdom van die sentrale karakters beteken dit dan dat JD Saliger se The Catcher in the Rye, Harper Lee se To kill a Mockingbird en die meeste van Charles Dickens se romans jeugverhale is?" Waarom word hulle dan hoofsaaklik deur volwassenes gelees?

LS: Oor hierdie vraag - wat presies maak dat ´n boek ´n kinderboek of ´n jeugboek is pleks van ´n boek vir volwassenes - is daar al verhandelinge geskryf en sou daar nog talle verhandelinge geskryf kon word. Vir my persoonlik is daar ´n paar lomp dog handige "rules of thumb" wat my help om te onderskei. Is die boek OOR ´n kind of jongmens of VIR ´n kind of jongmens? Wemel die boek van dinge wat vir ´n volwassene verstaanbaar sou wees maar wat aan die kinderleser of die jong leser sou verbygaan? Hoe DIG is die boek - jeugboeke is tradisioneel veel minder dig as boeke vir volwassenes.

HH: Francois Bloemhof s 'tieners se eie taal is al taal wat hulle wil hoor', maar is segswyses of alledaagse kommunikasie en modebegrippe nie tydgebonde nie? Elke generasie praat tog sy eie taal? Hoe word verseker dat hierdie boeke oor twintig jaar nog gelees word?

LS: Ja, juis - dis hoekom die skrywer wat doelbewus probeer om "hip" of "funky" taal te gebruik, homself maklik in die voet kan skiet. Ek dink ook mens moet onderskei tussen boeke wat bloot wil vermaak en boeke wat ´n bietjie meer literre waarde het. Daar is tog talle boeke in die wreld wat veel, veel ouer as twintig jaar is - en wat nog steeds gelees en geniet word!

HH: Reaksie op die Sanlamwedstryd vir Jeuglektuur toon dat ´n veelvoud van temas en tydperke jaar tot jaar aangespreek word. Vandag se jeugverhaal handel oor komplekse temas soos selfmoord, dwelms, geweld en familie konflik (Skilpoppe). Is die 21ste eeuse jeugverhaal ´n soort sosiale gewete, ´n aanduiding van die tipe samelewing waarin kinders grootword?

LS: Ja, sommige van die jeugverhale is dit inderdaad. En in sommige gevalle sit dit die jong lesers af. Miskien het dit te doen daarmee of die skrywer werklik met integriteit te werk gaan, en of hy/sy maar net aankarring en oor "issues" skryf omdat hy/sy dink dit is wat ´n jeugboekskrywer behoort te doen.

HH: Inskrywings vir 2005 se Sanlam Jeugwedstryd het reeds gesluit. Wat is die temas vir 2005?

LS: Vir 2005 se Sanlam-kompetisie is daar gevra vir verhale waarin musiek ´n rol speel - let wel: ´n rol, enige rol, nie noodwendig die sentrale rol nie.

HH: Sanlam het die prysgeld van die wedstryd aansienlik verhoog, maar publikasie is natuurlik die grootste beloning vir enige skrywer.

LS: Ek is bly om te hoor jy dink so. Ek hoop die skrywers stem saam! Want daar is elke keer ´n manuskrip of twee wat nie ´n pryswenner is nie maar wat op die ou einde wel uitgegee word - en dan dikwels baie goed ontvang word. Dit was byvoorbeeld die geval met Anoeschka von Meck se Vaselinetjie, wat ons vroer vanjaar uitgegee het. En Willem van der Walt se Ragtime en rocks, wat al verlede jaar verskyn het. En nie een van die pryswennerboeke waarteen hulle "verloor" het, kan die plek volstaan van een van hierdie twee boeke nie! Soos ek al ges het, in die huis van die letterkunde is daar plek vir baie boeke!

HH: Breek was ´n gesamentlike skryfpoging van Lizz Meiring en Barrie Hough. Is ´n gesamentlike boek nie baie problematies nie? Jy het te doen met 2 invalshoeke, 2 fokuspunte, 2 skryfstyle. Watter probleme (indien enige) laat dit die uitgewer mee?

LS: Ek kan my goed voorstel dat so iets oneindig problematies kan raak, en ek ag myself baie gelukkig dat dit nie die geval was met Breek nie. Ek dink dit was aan ´n verskeidenheid van redes te danke - die liewe Lizz se liewe geaardheid, die feit dat Barrie en Lizz baie goeie vriende was en mekaar baie goed geken het, en die feit dat Lizz al aanbeweeg had na ander projekte teen die tyd dat die liewe Barrie UITEINDELIK sover gekom het om die boek op papier neer te sit.

HH: ´n Uitgewer moet soms ´n span kundiges in sy kamp oortuig om ´n boek te publiseer net sodat die boek ´n wegholsukses is. Speel vroulike intuisie ´n rol? Hoe weet u byvoorbeeld wanneer ´n boek lesers gaan roer?

LS: Jy weet nooit nie - dit is wat die uitgewersbedryf so ´n wonderlik interessante besigheid maak. Maar met die jare ontwikkel jy darem so ´n "gut feeling" vir wat gaan werk en wat nie gaan werk nie. Van vroulike intusie gepraat: EK het nou ´n vraag vir JOU. Hoekom is dit dat die uitgewersbedryf wreldwyd deur vroumense aan die gang gehou word, met net ´n paar manlike sweepslaners in die heel hoogste posisies (met die grootste salarisse)? You answer me that one, baby, and you're some clever gal!

HH: Noem boeke wat u uitgegee het en waarmee u ´n spesiale verbintenis het?

LS: Daar's heelwat - om wyd uiteenlopende redes. Natuurlik Barrie se boeke, en veral Droomwa. Verder: Braam en die engel deur Marietjie de Jongh, wat eintlik te goed was vir die Afrikaanse lesers en dus soos ´n klip gesink het. Die Rooiberg is hol deur Betsie van Niekerk - ditto. Diekie vannie Bo-Kaap deur Zulfah Otto-Sallies - ek het toevallig ´n uittreksel gesien uit die toneelstuk, wat Zulfah geskryf het vir haar man se jongste sussie se klasmaats om as ´n skoolprojek op te voer, en toe word ek oorval deur roekeloosheid en loop vir Zulfah by en s sy moet ´n storie maak daarvan en ek sal dit uitgee. Die vyfletterwoord deur Marietjie van Rooyen, wat ook uit ´n oomblik van roekeloosheid gespruit het - Marietjie het vroer aan anoreksie gely, en toe vra ek haar om ´n jeugboek te skryf daaroor, en toe skrik ek my koud toe ek besef wat ek gedoen het, want toe weet ek nie WAT ek gaan doen as dit nie goed is nie. (Gelukkig was dit goed!) Daar's vis in die punch deur Jackie Nagtegaal, wat volgens Andr P. Brink ´n grondverskuiwing in Afrikaans teweeggebring het. Dana se jaar duisend deur George Weideman, wat die wreld van ons heidense voorvaders vir ons jong lesers oopmaak, maar ongelukkig wil die jongeliede niks weet van enigiets wat meer as tien jaar gelede gebeur het nie. En Die Madiba-boek, ´n versameling verhale vanoor die hele Afrika wat wreldwyd ´n groot sukses is maar waaraan die Afrikaanse koperspubliek nie eintlik vattigheid kan kry nie. En nog vele, vele ander boeke, te veel om hier op te noem.

HH: Is daar ´n manuskrip wat u hoop eendag op u tafel gaan beland?

LS: Yes - the next one that will surprise and delight me! (Jammer, maar ek weet nie hoe om dit presies so in Afrikaans te s nie.) Dit is die wonderlike ding van skrywers en boeke - daar is altyd iets nuuts onder die son! (Anders as wat Salomo beweer het.) Of dan ´n nuwe manier om dit te s.

HH: Gunsteling pasassies (boeke, dramas, briewe, enigiets in gedrukte vorm)?

LS: Ek dink nou dadelik aan ´n gedig wat een van Barrie se gunstelinge was (en ook een van myne): die gedig van Gerard Manley Hopkins wat begin met die woorde "Glory be to God for dappled things ." Ek was bly om te sien dat dit ook in die film opgeneem is. Verder (from the sublime to the ridiculous) die openingsin van Beatrix Potter se The Tale of Peter Rabbit : "The Flopsy bunnies were cheerful and improvident." En laastens vyf woorde wat al jare lank in my kop bly spook en nie wil padgee nie: "O wye en droewe land ."

Lees ook elders op Roekeloos oor Barrie Hough
http://www.roekeloos.co.za/boekrak/boekra86.html

En Lizz Meiring se laaste groet http://www.roekeloos.co.za/boekrak/boekra89.html


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W