Stuur jou resensie vir ons by
E. Kotze kombineer raak karaktertekening, simpatieke ruimbeelding, `n ryk getekstureerde taalgebruik en menslike insig om iets heel besonders te skep.
Die bundel het sy ook verrassings en pragtige sintuiglike momente, in konkrete volks- Afrikaans gegee. In "Die aartappeleters" kyk 'n volwasse vrou terug op die sensuele rykdom van die plaasvakansies van haar jeug.
"Maagkoors" is 'n juweel waarin 'n gesonde kind afgeskeep voel weens al die aandag wat haar siek suster, die maagkoorslyer, kry en vra om ook raakgesien te word.
In "Vlees en bloed" word
konkrete detail op betekenisvolle wyse gebruik om 'n hele lewe op te som, nie net van
die vroue-karakter in die verhaal nie, maar eintlik van 'n hele geslag vroue wat hulle
met 'n soort nugter inskiklikheid moes wen daaraan dat hulle leef in 'n "samelewing wat
vir mans voorsiening maak". Die man se jagtog en die vrou se verwerking van die vleis
is 'n konkrete en kragtige voorbeeld van hulle hele bestaan.
Koop / Buy Die wind staan oos ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.