Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werke van T O Honiball

Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van T O Honiball is die hoogtepunt van jare se navorsing oor van die spotprent- en strokieskunstenaar Thomas Osche Honiball (1905-1990) se skeppingswerk.

Francois Verster het sy doktorale proefskrif (D.Phil. Kultuurgeskiedenis, Universiteit van Stellenbosch, 2003) verwerk vir diegene waarvoor Honiball sy stories en karakters in die eerste plek geskep het, naamlik die Afrikaanse publiek - Jakkals en Wolf vir die jong lesers van Die Jongspan en Adoons-hulle vir die volwasse lesers van Die Huisgenoot, terwyl Oom Kaspaas wat in 1939 Die Burger begin het, deur oud en jonk geniet kon word. Verster beskryf Honiball se herkoms, ontwikkeling as pikturale humoris, sy kunstenaarspersoonlikheid en die besondere wisselwerking wat tussen hom en sy leserspubliek plaasgevind het.

Besondere klem word gelÍ op die kulturele inhoud van sy werk, aangesien Honiball en sy skeppings essensieel Afrikaans is - Afrikaanse humor deur 'n Afrikaner vir Afrikaanssprekendes.

Die boek kan by African Sun Media aangeskaf word:
Grondvloer Admin A
Universiteit Stellenbosch Kampus
Stellenbosch
Tel: 021 8082401
Faks: 021 8082626
E-pos: africansunmedia@sun.ac.za
Webblad: http://www.africansunmedia.co.za
Webwinkel: http://www.sun-e-shop.co.za


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W