Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Annerkant die Longdrop

Annerkant die Longdrop

Die uitgewer van diť uitklop-debuut, Queillerie, (en haar vriende en familie) sê Anoeschka is uniek, so effens weird, en dit kan mens seker ook sê van Annerkant die Longdrop. Maar een ding is seker: diť roman sal jou meesleur en jou Afrikaans laat beleef soos nog nooit tevore nie.

Die roman maak ´n draai deur die wye wêreld maar speel meesal af in ´n studentehuis op Stellenbosch, Hier woon drie susters: SyWatDoen, SyWatDink en SyWatDroom. Hulle is nie altyd soet nie, maar altyd slim en saam soek hulle na hulleself, na liefde, na die waarheid, seks en God.

Anoeschka von Meck se bynaam is Snoek. In die boek heet sy soms Ginkelsnoek, soms Sprankelsnoek. Sy lag glo maklik. Praat Engels en Afrikaans deurmekaar. Vloek in Duits. Maar haar ma sê sy's gebore met 'n frons, asof die lewe toe al vir haar ´n vraagteken was. Sy sê al wat sy nodig het om gelukkig te wees is haar woordverwerker, ´n matras, ´n lekker tent en die wêreld. Sy's juis op soek na ´n nuwe tent voordat sy Tibet-toe verkas, want haar vorige een het in Zambië weggespoel.

Beleef Annerkant die Longdrop saam met diť vrou. Dit is nie verniet een van die finaliste vir M-Net se Boekprys vir vanjaar nie. Wie het gesê Afrikaans is op sy sterfbed?

Riana Barnard by Queillerie, (021) 423-2677, sal kan help as jy sukkel om die boek in die hande te kry.
Koop Annerkant die Longdrop...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.


0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W