Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Daar's 'n gay pastoor in my kop

Die kontroversiŽle saak van homoseksualiteit in die kerk word aangespreek in Daar's 'n gay pastoor in my kop. Die outeur het langer as 20 jaar geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar.

As jongman betree hy die huwelik met 'n wonderlike vrou. Hulle het saam 'n dogtertjie en hy word 'n suksesvolle AGS-pastoor in Johannesburg. Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld.

Die hart van die storie dui hoe sy vrou van hom skei, hy uiteindelik sy homoseksualiteit aanvaar en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan. Philip is tans die pastoor van Die Kapel in Melville, Johannesburg.

Daar's 'n gay pastoor in my kopDie titel is 'n duidelike maar ook pynlike uitbeelding van die wroeging wat 'n gay man ervaar. Philip dring aan op totale eerlikheid; slegs deur eerlik te wees is hy instaat om die waarheid omtrent sy lewe te aanvaar. Sy oplettendheid sorg vir wonderlike insigte, nie net oor homoseksualiteit nie, maar ook verhoudings, die kerk en geloof.

Philip se eerlike en intense soeke na waarheid word oorgedra deur die deurlopende insig wat op elke bladsy te voorskyn kom.
Koop / Buy Daar's 'n gay pastoor in my kop ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W