Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

roset

Carla-Mariť Spies

roset

"Roset is nie alleen 'n vooruitgang op dimensie (haar debuutbundel in 2000) nie, maar in sy eie reg 'n sterk en waardige toevoeging tot die hedendaagse Afrikaanse poŽsie", merk J.C. Kannemeyer op die agterblad van Christine Barkhuizen le Roux se tweede digbundel, roset, op.

Gewoonlik neem dit my 'n paar dae om deur 'n digbundel te werk, maar met roset kon ek nie anders as om die hele bundel 'n paar dae na mekaar oor en oor te lees nie. Barkhuizen le Roux slaag daarin om haar tematiek soos 'n goue draad deur die bundel te laat loop. Dit neem 'n mens op 'n ontdekkingsreis tot aan die einde, waar daar tot 'n insiggewende konklusie geraak word. Die bundel as geheel vorm dus 'n afgeronde, deurdagte eenheid. Barkhuizen le Roux verwoord dit self as 'n legkaart waarvan al die stukkies in mekaar pas.

Barkhuizen le Roux kwyt haar goed van haar taak deur 'n sterk simboliese stuk werk aan te bied, waarvan die beeldspraak, metafore en personifikasies van 'n bekwame digter, met sterk poŽtiese aanvoeling, getuig. Dit is 'n plesier om haar werk te lees, aangesien daar 'n dieper betekenis in elke woord skuil en elke woord 'n mens tot 'n bepaalde insig bring. Agter in die boek is daar ook 'n nuttige register van spesifieke simbole en verwysings om die leeservaring nog meer verhelderend en genotvol te maak.

Die digter maak van interessante koppelinge gebruik. Nie net gaan sy op reis deur die Tuinroete van Suid-Afrika nie, maar maak ook 'n draai in Nederland en Antieke Griekeland. Dit is dan juis hiťr waar die sentrale element van die bundel ontdek word: die Phaistos tablet met verskillende simbole op, waarvan die eksakte doel of betekenis tot vandag toe nog nie bepaal is nie. In die middel van diť tablet is egter die roset, wat ook op die voorblad van die bundel pryk. Volgens argeologiese getuienis simboliseer die roset die gang van die lewe: die preordinasie, geboorte, lewe, dood, opstanding en dan die herhaling van diť proses. Dit verwys na die groei vanaf saad, tot blom, tot verwelking. Dit sluit ook by die son aan wat telkens in die oggend opkom en weer in die aand ondergaan. Vandaar waarskynlik die keuse van geel-oranje vir die voorblad.

Diť "gang van die lewe" word in ses afdelings in die bundel aangebied. Daar word 'n pad gestap vanaf geboorte tot dood, tot opstanding. Die stappe word dan ook vergelyk met die vier seisoene van die jaar wat elk 'n ander stadium van die lewensproses verteenwoordig. Uit die hooftema ontvou dan ook die drie temas van die bundel: die mens se lewensproses, die verlange na 'n gestorwe of vervreemde geliefde en die kreatiewe proses, wat skryf, skilder, en musiekmaak insluit.

Afdeling 1 bestaan uit 'n enkele gedig, "Phaistos", wat aan die leser ruimtelike en geestelike oriŽntasie bied. In die gedig word die raaiselagtige "plaket van klei" beskryf wat die sentrale tema van die bundel saamvat en 'n platform vir die gedigte wat daarop volg, skep. Die slotstrofe van die gedig is veral van belang:

vir wie stip soek om juis te vind
die eindpunt van die labirint blyk roos:
geboorte groei dood en herrysenis
'n agtblaarblom wat bloei in hoop

Die toonaard van die bundel word hierin opgesom en sweep die leser op in die reis deur die einste lewensdoolhof om tot dieper insig te kom.

Die tweede afdeling bevat 'n paar gedigte met 'n sterk religieuse inslag. Barkhuizen le Roux beeld hier die geboortes van verskeie elemente uit. Hier is die wÍreld in "skepping" aan die beurt, die geboorte van 'n skildery word in "kunsklas" verwoord, die breek van die mŰre word in "gedig" beskryf.

"ontvangenis" is 'n besonder aangrypende gedig wat die bevrugting van die mens met die skryfproses vergelyk. Die seksdaad en die skryfdaad kulmineer hier as een tot verheerliking om 'n lewende, betekenisvolle produk te lewer.

wanneer die denke stu
pers in die noute van die skag
die sperm dring
tot glinstering ...
as alles aarsel
in die poort

gebeur
die woord

Barkhuizen le Roux gee besonder aandag aan die groeiproses en die blydskap van lewe in 'n baie melodieuse, klankryke Afdeling 3. Uit "voordrag": "liriek van die lumier ... die son se jubelende lier" Die simboliek van die roset kom hier sterk na vore aangesien die afdeling juis in die lente afspeel. Woordspeling met natuurelemente, veral van die Suid-Afrikaanse flora langs die Tuinroete, kom telkens voor.

Die gedig, "omweg: Tuinroete", staan sentraal in die afdeling. Dit beskryf die reis deur die Tuinroete, met verwysing na die plekname in die streek. Die gedig simboliseer met ander woorde die lewensreis wat as een van die hooftemas in die bundel figureer.

Behalwe vir die besinging van die lewe en die aansporing tot groei, wil dit lyk asof die digter in diť afdeling tog 'n waarskuwing wil gee. Sy sluit die gedig "les" af met "fżn sny / dťķrhou". "omweg: Tuinroete" verwys na "Icarus se doolhofstrik". Icarus het in die Griekse mitologie probeer vlieg en met sy wasvleuels tot by die son gevlieg, waar dit gesmelt het en hy moes sterf. Die vermanings sal later in die bundel duideliker raak en is 'n voorspel tot die dood wat so vinnig kom. Barkhuizen le Roux probeer hierdeur daarop wys dat 'n mens nie tť haastig moet wees om die paadjie van die lewe te stap nie.

Die kern van die bundel lÍ in Afdeling 4 - die somer. Hier sing die simboliek van die blom en die son 'n welluidende duet in gedigte wat oor lewe, hoop en vriendskap gaan. Daar is egter 'n waarskuwing in die eerste haikoe: "hou vas aan die ure son". Die verwysing na Gibeon is sterk profeties. Diť Bybelse stad het vernietiging ontduik, maar sy inwoners moes eindelik as slawe vir die Israeliete gaan werk. Die gelukkige dae van somer is dus tydelik en die winter, wat in Afdeling 5 volg, onvermydelik.

Weer eens kom die seksuele hier ter sprake, maar diť keer op 'n ryper, meer volwasse wyse. Dit kan gesien word in die gedig, "somer", wat in besonder by die gedig, "Rodin", aansluit. "Rodin" handel oor die beeldhouer Auguste Rodin se "Cathťdrale"-skulptuur van die verweefde hande wat in die vorm van 'n katedraal is. In "somer" speel die hande ook 'n distinktiewe rol:

laat jou hande
oopgaan oor my ...

die jong knoppe lÍ volgebloei
sag aan die vingers van die mond ...

laat my
aan jůķ hand glo

'n Noemenswaardige gedig in die afdeling is ook "reis uit die winter", waar daar vir beklemtoning van besonder goeie alliterasie gebruik gemaak word in strofe 2: "boorde bloei / die Boland begin bot". Verwysings word hier ook na die son en die blom gemaak - simbole wat sentraal in die hele bundel staan.

Die afdeling sluit af met 'n gedig wat as't ware as 'n ode aan Griekeland beskou kan word. Barkhuizen le Roux skets in "om te blż" die idilliese prentjie van Rodos, wat 'n mens laat wonder of sy diť plek as haar hemel beskou. Strofe 1:

bou 'n huis
met vensters aan die voorkant
tussen tamarisk en smirnavy

Die gedig kan ewe goed vergelyk word met Lina Spies se gedig, "Tuiskoms", waar sy ook haar tuiste in die hemel met beskrywende woorde en beelde uitdruk.

Die voorlaaste afdeling gee 'n beskrywing van die herfs wat in die winter oorgaan. 'n Afdeling waarin die digter dit puik regkry om die gemoedstemming met beelde van verdorring en donkerte te demp. Diť afdeling kan seker as die aangrypendste in die bundel beskou word. Dit bestaan uit meestal kort, afgebroke strofes en verse wat tot die hartseer en verwese gevoel van die gedigte bydra. Dit is in teenstelling met die lang, uitgebreide verse wat in die vorige afdelings voorkom.

Regdeur hierdie afdeling word ook natuurverwysingsverwysings wat egter in teenstelling met die voorafgaande afdelings is, gemaak: die sonlig, gekwetter van voŽls en blommeprag het verdwyn en is deur die donkerte, reŽn en stilte vervang.

Die depressiewe aard van die afdeling word vasgevang in die gedig, "ent", se tweede strofe:

die reŽn wat nou val kom te laat
vermors op weggekrimpte saad

Barkhuizen le Roux maak in die afdeling gebruik van vrouefigure om by haar tema aan te sluit. Sy skryf 'n gedig, "seisoen vir Susan" en verwys in "Anne Frank" na diť bekende Jodin wat drie somers oorleef het tydens die Tweede WÍreldoorlog, deur saam met haar gesin weg te kruip. Die lewensproses word hier duidelik uitgebeeld, "'n kind raak vrou" en eindelik word haar tragiese dood ook beskryf. Tog kom die element van die lewe na die dood reeds hier ter sprake, aangesien Anne in haar dagboek wat na haar dood gepubliseer is bly voortleef:

buite wag die winter kil
grys en koud jou droewe roem

medalje van die dood

Die Nederlandse student, Marleen Konings, wat in die Tradouwspas (Tradouw is Khoi vir "voetpad van die mooi vroue") naby Barrydale vermoor is, word ook in die afdeling opgedra. Die gedig het 'n sterk persoonlike belang vir die digter, aangesien sy self op Barrydale woon. Die woorde getuig van verlange, maar bied ook 'n sweempie hoop: "binne die kronkelpas bloei nou 'n tulp". Dit dui op die Breytenbachse Zen-teorie dat daar weer nuwe lewe uit 'n afgestorwene groei.

Die slotgedig in die afdeling, "blom vir winter", verwys na die verlies van 'n eerste liefde. Die blom speel weer eens 'n belangrike rol deurdat die spreker hierdeur vertroosting vir die verlange daaruit kry om haar deur die "winter", of hartseertyd van haar lewe, te dra: "sal ek ... myself tot troosblom vir jou plant".

Die laaste afdeling is beslis een van hoop op die somer, hoop op redding en hoop op 'n nuwe lewe. Die tematiek kom hier tesaam om alle los drade wat in die bundel gelaat is, saam te bind. Die opstanding, of lewe na die dood, speel hier 'n belangrike rol. Barkhuizen le Roux verander gevolglik die toonaard deur herinneringe wat eers vol bitterheid en rou in die vorige afdeling was, vol hoop op redding te maak. In die eerste gedig wag die spreker "tot somer weer ťťn pose kom".

"na Hooglied 8:7" handel oor liefde wat nooit "ontheg" nie, maak nie saak met watter omstandighede dit gekonfronteer word nie. Dit sluit aan by die gedig, "reis", opgedra aan 'n geliefde wat nooit vergeet sal word nie.

ek hou van jou 'n skildering ...

in elke uur se spel blż jy
weer klink die klokkie die bewys
die seker voortgaan van ons reis

In beide van die gedigte word ook na water verwys, wat die simboliese element van die lewe is. Hier speel dit 'n rol om die ewige lewe wat voortgaan, voor te stel. "meander" is die van van die man wat Marleen Konings, wat in die vorige afdeling voordoen, vermoor het. Dit het ook twee ander betekenisse. Eerstens is dit 'n ontwerp wat soms op juweliersware die voortgaan van die lewe simboliseer. Marleen Konings bestaan in almal se harte voort en het ook die ewige lewe in die hemel. 'n Meander is ook 'n buig in 'n rivier wat 'n invloed op die rivier se vloei het en dit laat kronkel. 'n Sterk lyn kan hier met die lewenspad getrek word, wat nie altyd glad en soos beplan, verloop nie.

Die gedig "roof" dien as goeie slotsom vir roset. Dit trek 'n verband met die titel en die openingsgedig van die bundel en voltooi so die lewensreis, sowel as kreatiewe proses, wat in 'n "sirkelgang" soos na verwys in "meander", loop. Diť gedig getuig van die fissuur, die skeur, wat die afwesigheid van 'n geliefde in die spreker se lewe laat. Sy verwys na 'n "wond wat leef", met ander woorde blż seermaak en wat nooit herstel nie. Die heimwee sal haar altyd bybly:

ek dra jou roof op roof
'n immergroen roset

Tematies en struktureel stel roset dus 'n siklus wat voltooi word voor. Die skryfproses begin en kom saam met die lewensproses tot 'n einde. Dit sorg vir 'n baie bevredigende opvatting van die bundel in sy geheel aangesien daar 'n definitiewe patroon waargeneem kan word.

Wat vorm betref, maak Barkhuizen le Roux van min interpunksie gebruik en hoofletters is feitlik afwesig. Dit verseker 'n moeitelose vloei van die een gedig in die ander om by die natuurlike vloei van die lewens- en skryfproses aan te sluit. Deurgaans gebruik sy ook poŽtiese tegnieke soos effektiewe metafore, personifikasies, alliterasies en rym om haar gedigte te verryk. Sy het 'n ongekompliseerde, maklik-leesbare aanslag en haar styl is toeganklik.

Wat die bundel uniek maak, is die feit dat dit vir 'n breŽ spektrum lesers waardevol is. Dit bevat mooi gedigte met interessante gegewens wat vir die gemiddelde persoon genot kan verskaf. Aan diť wat egter na dieper poŽsie op soek is, bied elke gedig verskillende vlakke van interpretasie waarin gedelf kan word om meer insiggewende betekenisse te ontdek. Die bundel het ook verskillende waardes vir 'n persoon in elke stadium van sy of haar lewe.

Barkhuizen le Roux het die vermoŽ om keurig en kreatief met woorde om te gaan en maak uitstekend van beeldspraak en simbole gebruik om die leser te boei. Sy bewys aan digters in die postmodernistiese tyd dat 'n werk nie noodwendig eienaardig, ůf kru, hoef te wees om 'n indruk te maak nie. Barkhuizen le Roux boet nie die essensie of skoonheid van die kuns in om geslaagde poŽsie te skryf nie en verruil ook nie haar styl om by die tendense van vandag in te pas nie. Tog handhaaf sy 'n goeie balans tussen die estetiese waarde van die gedig en die indruk wat die gedig op die siel en verstand laat. Haar gedigte is inderdaad tydloos en lesers sal lank nadat ons ons lewensreis gestap het, steeds aanklank daarby vind.

roset, uit die pen van 'n digter wat as skrywer nog relatief nuut tot die genre is, is 'n versameling gedigte aan te beveel vir elke boekrak. Dit is 'n bundel wat van tyd tot tyd afgestof en wťťr gelees wil word, sodat die leser elke keer 'n entjie nader aan die middel van die labirint kan vorder en telkens iets nuuts en verassends, soos op die Phaistos-tablet verbeeld, kan ontdek.

ROSET, deur Christine Barkhuizen le Roux. Lapa Uitgewers, Pretoria, 2006. Sagte band, 64 bladsye, ISBN 079933693-9,
Koop / Buy roset ...

(Carla-Mariť Spies is 'n finalejaarstudent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch)


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

D