Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die somervakansie wat te lank was

Die somervakansie wat te lank was

Willem is soos enige ander standerd 9-seun wat hou van sokker en dans, behalwe in een opsig: sy linkerhand is gebreklik en in plaas van vingers eindig dit net in ´n soort vin.

Deur die jare het hy goed leer regkom met sy "halwe hand", maar in sy gedagtes bly steek steeds die herinnering van sy eerste dag op skool toe die meisietjie wat hande moes vat met hom histeries begin gil het. En die storie van sy tante Louisa dat sy ma vir drie weke na sy geboorte so bitterlik gehuil het.

Toe Willem saam met sy tante en neef Herman vir die Desembervakansie na Van Wyksbaai gaan, ontmoet hy ´n pragtige meisie, Nelie. ´n Afgryslike ongeluk gebeur by die afgrond oor die sloep, en in die gebeure ontdek Willem wat werklik in hom steek en begin hy uiteindelik aanvaar dat ook hy ´n gelukkige toekoms het en dat sy hand nie regtig soveel saak maak nie.

Dit is die gegewe van Die somervakansie wat te lank was wat deur Tafelberg beskryf word as ´n sensitiewe verhaal deur ´n bekende en gewilde jeugverhaalskrywer. Die eietydse stadsmilieu, met karakters wat sokker speel, branderplank ry en na pop-konserte gaan, sal gewild wees by jong lesers. Kuns, musiek en dans word ook ingespan as interessante subtemas. Die boek was ´n Sanlam-pryswenner 2000.

Rena Schüler het grootgeword in die George-omgewing en het gematrikuleer aan die Hoërskool Outeniqua. Sy het ´n BA-graad en ´n MA in Antropologie behaal aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy het oor die jare talle artikels en tydskrifverhale gepubliseer, asook 8 jeugboeke en 4 kinderboeke. Sy en haar man woon op Stellenbosch, en hulle het twee volwasse dogters.

Die somervakansie wat te lank was word uitgegee deur Tafelberg.
Koop/Buy Die somervakansie wat te lank was...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W