Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die lewe is n halwe roman

Die lewe is ´n halwe roman

Die tyd vir lawwighede en feesvierings is so te sê verby en meeste van ons het reeds teruggekeer na die realiteit van elke dag se sleur. Vir di wat bietjie buite hulleself wil kyk, bied Die lewe is ´n halwe roman ´n prentjie van die harde wreedheid waarmee baie mede-Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word.

Queillerie is verantwoordelik vir di kortverhaalbundel deur S P Benjamin en die uitgewer beskryf dit as tien kortverhale waarin die rou werklikheid van 'n plakkerskamp, Happy Valley, verwoord word: ´n vrou wat geboorte skenk op straat soos ´n wegloperhond; ´n man wat met 'n dooie pyp tussen sy tande deur die reën aangestap kom; ´n seun wat smiddae in die begraafplaas rondspeel; ´n velhonger vrou wat haar vergryp aan die klam hitte van ´n hoender in haar skoot.

Uiteindelik is dt wat agter die eenvoud van sinkplaatskuilings lê: eensaamheid, gebrokenheid. Daarom die soeke na gemeensaamheid, na troos, na die nabyheid van iemand, ´n lyf, ´n stem. Die lewe is ´n halwe roman bied 'n deurleefde blik op die ervarings en drome wat in 'n ontredderde bruin gemeenskap broei.

Die skrywer, S P Benjamin, het in 1997 gedebuteer met ´n roman, Die reuk van steenkool, waarvoor hy met die Sanlam/De Kat-debuutprys bekroon is. Sy jongste skepping is ´n bundel kortverhale waarin hy met ontstellende eerlikheid ´n wêreld blootlê wat nog selde in Afrikaans beskryf is.

Skakel Riana Barnard by Queillerie, (021) 424-1320, vir meer inligting.
Koop/Buy Die lewe is ´n halwe roman...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W