Stuur jou resensie vir ons by
Die outeur, Anoux Venter, is 'n vrou wat gelukkig en welgesteld grootgeword het. Maar tog het sy heroïen as haar dodelike metgesel gekies op 'n pad van wanhoop en selfvernietiging.
In Donker Liefde karteer sy die ware verhaal van haar verhouding met dié middel en die verwoesting wat dit in haar en die mense om haar se lewens veroorsaak het.
Sy en haar geliefde Raine deel hul verslawing en trek mekaar keer op keer weer in die donker intieme wêreld van dwelmmisbruik in.
Wanneer Anoux uiteindelik besluit om
haar verslawing te verbreek, draai sy naby die dood om voordat sy haar lewe weer
kan begin opbou. Haar verhaal is beide 'n waarskuwing en 'n boodskap van hoop en
oorlewing.
Koop / Buy 'n Donker liefde: My verhouding met heroïen ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.