Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Wat's die storie met die kerk?

Andries Cilliers se tweede boek Wat´s die storie met die kerk? het pas by Lux Verbi.BM verskyn. Sy debuut, God skryf ´n storie, is in 1999 bekroon met die CBSA-toekenning vir die beste algemeen-Christelike publikasie.

Wat's die storie met die kerk? is die vars en dapper ondersoek en getuienis van ´n predikant wat sy geliefde kerk met rou eerlikheid bekyk. Hy bespreek wat die uitwerking van die openbare aanslag op die kerk persoonlik op hom as predikant was. Hy lê die dilemma bloot wat predikante het as mense sê: "Ons is mislei in die apartheidsjare. Die kerk was geen betroubare gids nie, maar het met Bybelteks en teologoie die mense op ´n dwaalspoor geneem".

Wat´s die storie met die kerk? het ontstaan omdat die skrywer geaktiveer is deur die "Boetman"-debat wat die kerk met ´n venynige skalpel ten bloede toe ontleed het. As "Boetman" van binne die kerk, is hy egter vasbeslote om nie weg te deins voor die harde woorde wat met selfondersoek val nie, maar is eweseer nie bereid om weg te doen met sy geloof nie.

Cilliers wil die moeilike pad enduit worstel, dwarsdeur die taai vrae en verby die vingers wat beskuldigend na die kerktoring wys. Hy soek geen maklike antwoorde oor versoening en selfs oor skuldbelydenis nie. Hy is bereid om die diepste baklei op te haal en en te luister na alle vrae aan weerskante van die debat.

Cilliers is ook ten gunste daarvan dat elke stem gehoor word. Anders as die ander "boetmanne" wat uit frustrasie en politieke impotensie die kerk te lyf gaan, vind hy hoop en vervulling sonder om sy eie verantwoordelikheid agter verwyte te verskans.

Wat´s die storie met die kerk? is een van die opwindendste publikasies oor die situasie rondom die kerk wat hierdie jaar verskyn het. Selfs die lesers wat erg van die skrywer verskil, sal hierdie boek enduit lees.

Wat´s die storie met die kerk? kan bestel word by die tolvry nommer 086-231- 231. Lux Verbi.BM se Margot Luyt sal kan help met navrae.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W