Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Koop/Buy ´n Handvol Hoop...

´n Handvol hoop

Leer uit die verlede hoe om saam vorentoe te leef.
´n Handvol hoop se subtitel dui duidelik aan waaroor hierdie besondere boek gaan: Die skrywer kyk na die verlede en gee daaruit perspektief op ´n toekoms waar almal in die land opofferings sal moet maak om die pad in vrede te kan saamloop.

Die uitgewer Lux Verbi-BM sê hierdie boek is vir die ingeligte en "denkende" leser - veral uit die Christen-tradisie - wat nie meer tevrede is met leë politieke slagspreuke en ideologiese slagkrete nie. Die skrywer voel ons kan en moet leer om ons "moeilike" verlede op ´n positiewe en opbouende manier te hanteer.

´n Handvol hoop is soos ´n skoonmaakproses waar Abraham Kriel verwarrende woorde, misverstande, kwaadwillige drogredenasies en kwaadaardige mites oor die verlede onder die vergrootglas plaas. Hy ontleed hoe hierdie negatiewe gedagtes, gesprekke en aksies ons houdings teenoor mekaar besmet, en fokus op die "ware probleem" - ons verwikkelde verlede wat ons harte hier en nou teenoor mekaar vertroebel.

´n Handvol hoop gee ´n uiteensetting van die spelreëls vir die proses om met ons verlede van apartheid en onversoendheid klaar te speel. Die skrywer doen ´n deeglike ondersoek na die verlede en gee ´n regverdige beoordeling van die betrokkenes se motiewe en pogings, sonder om - met die meerderwaardige kennis van terugskouing - bloot te veroordeel.

Hy ontmasker die ou mites en drogredenasies rondom sake soos waarheid en versoening en hoe mense die geskiedenis misbruik om vir God te probeer voorskryf. Hy kyk hoe mense mekaar met woorde kan beheks en mure bou en beklemtoon die noodsaaklikheid van weldeurdagte maatstawwe om ons verlede te beoordeel. Hy verloor nooit sy insig vir die humor van die geskiedenis nie - wat deur raak, pittige sketse van Fred Mouton uitgelig word.

Abraham Kriel is ´n kenner van die Afrika-denkwyse en het verskeie publikasies die lig laat sien oor die botsing van twee geesteswêrelde op Afrika-bodem: Westerse en Afrikaraamwerke, terwyl hy telkens die handvol hoop vir ´n toekoms saam uitlig.
Koop/Buy ´n Handvol Hoop...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W