Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die aanslag

"Dit is Januarie 1945. Byna die hele Europa is bevry, vier fees, eet drink, bedryf die liefde en begin al suutjies-aan om die oorlog te vergeet ..." Maar Nederland beleef ´n hongerwinter onder Duitse besetting. In ´n nag van verskrikking word die Steenwijk-gesin onskuldig betrek by die moordaanslag op ´n polisiebeampte. Hulle word summier terreggestel en hul huis afgebrand.

Die trauma van hierdie nag kring vir die enigste oorlewende, die jong Anton Steenwijk, steeds verder uit. As student, narkotiseur, eggenoot en vader probeer hy ´n normale lewe voortsit, maar word telkens teen sy sin aan diť verskriklike gebeure herinner.

Die aanslag is ´n boeiende en diepgaande ondersoek na die begrip "fout" binne die konteks van die Tweede Wêreldoorlog in Nederland. Hoewel Suid-Afrika slegs in ´n beperkte mate betrokke was by die oorlog in Europa, het Mulisch se boek ´n besondere relevansie vir die huidige Suid-Afrika met sy Waarheids-en Versoeningskommissie waar morele begrippe soos skuld en verantwoordelikheid telkens opduik.

Harry Mulisch is een van die belangrikste en gewildste na-oorlogse skrywers in die Lae Lande. Sy magistrale roman van 1992, De ontdekking van de hemel, is in verskeie tale vertaal.

Die vertaler van Die aanslag, Daniel Hugo is ´n digter en omroeper by die SABC.

Die aanslag word uitgegee deur Queillerie. Vir enige navrae, skakel asseblief vir Riana Barnard by (021) 423-2677 of stuur ´n faks aan (021) 424-2510.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W