Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Griet kom weer

Marita van der Vyver is terug en vir al haar bewonderaars was die wag die moeite werd. Die roman Griet kom weer, wat verskyn tien jaar na die omstrede blitsverkoper Griet skryf ´n sprokie, beeld ´n ryper maar nog net so warmbloedige Griet uit.

Sy is intens verlief (om die waarheid te sê, so gelukkig dat sy haar kreatiwiteit as skrywer verloor!), maar daar is grypvoëls wat (net soos in die mitologiese vertellings) die brose geluk bedreig.

Haar geliefde, ´n Italiaanse wewenaar, se oorlede vrou spook steeds in sy gedagtes, sy negejarige dogter is openlik antagonisties, en Griet se liefdespel word bederf deur sintuiglike aandoenings: eers haar oog wat lelik toeswel, dan haar neus wat verstop raak en ´n hoë koors, daarna haar oor wat ontsteek, en later ´n treiterende verstandtand.

Die uitgewer Tafelberg beskryf die roman as eroties, snaaks, toeganklik diepsinnig - kwaliteite wat van Van der Vyver ´n trefferskrywer gemaak het.

Marita van der Vyver woon in die suide van Frankryk en skryf voltyds. Sy is ´n bekroonde jeugboekskrywer. Haar romans vir volwassenes is: Griet skryf ´n sprokie (1992), Die dinge van ´n kind (1994) en Wegkomkans (1999).

Vir Griet skryf ´n sprokie is sy met die EugŤne Marais-prys, die ATKV-prys en die M-Net-prys bekroon. Haar boeke is wêreldwyd vertaal, onder meer in Engels, Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Sweeds, Tsjeggies, Chinees en Hebreeus.
Koop Gelowig en Gay?...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W