Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die 4 x 4-avontuur van ouerskap


Ouerskap raak daagliks moeiliker, en ouers wat omgee se selfvertroue neem nie toe nie. Die 4 x 4-avontuur van ouerskap is ´n uiters bruikbare boek vir ouers wat bekommerd is oor die verrassings en slaggate wat die avontuur van kindersgrootmaak vir hulle mag inhou. Dit is besonder prakties en leservriendelik, want die aanbieding is spesiaal sů dat besige ouers 'n kort stukkie op 'n keer kan lees sonder om kontinuÔteit in te boet.

Die uitgewer, Lux Verbi-BM, sê dis 'n veelsydig boek met talle lewensgetroue voorbeeldsituasies, interessante tydskrifuittreksels, die Handves van Kinderregte en is deurspek met aanhalings wat heerlik bemoedigend en dikwels baie snaaks is. Uit die aangehaalde woorde van die groot geeste van die wêreld sal ouers sien dat hķlle ook maar sukkel. Erma Bombeck het byvoorbeeld diť wysheid kwytgeraak: "´n Kind het jou liefde die nodigste wanneer hy dit die minste verdien."

Die skrywer, Ansie Kitching, se kennis en ervaring spreek duidelik. Sy is moeder van een pre- en twee volbloed-tieners, maar ook ´n professionele opvoedkundige sielkundige en terapeut. Kitching rig ook nie haar boek op voorslag-ouers is nie, maar op gewone ma's en pa's, wat foute maak en twyfel en wonder. Hierdie boek is ´n uitstekende hulpmiddel vir ouers van kinders in alle ouderdomsgroepe.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W