Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ander lewens: 'n roman in drie dele

Hierdie boeiende drie novelles van Andrť P. Brink word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars - 'n skilder, 'n argitek, 'n pianis.

Die blou deur begin met 'n droom en 'n verwysing na Kafka se Metamorfose. In hierdie verhaal vervaag die grense tussen die droomwÍreld en die realiteit ook soos by Kafka. Kunstenaar David het 'n kothuis wat hy as ateljee gebruik en waarheen hy gaan om te skilder. En op 'n dag wanneer hy daar aankom, bevind hy hom in 'n ander werklikheid: 'n donkerkop vrou en twee kinders heet hom welkom asof hy deel is van hulle gesin ...

In SpieŽl maak argitek Steve een oggend die ontdekking dat hy nou swart is. Daardie dag ervaar hy dinge en mense telkens op 'n heel ander wyse, en word hy gekonfronteer met die probleem van identiteit. Totdat alles tot 'n keerpunt kom die aand toe hy en sy vrou Carla saam met ander mense in 'n restaurant deur 'n groep gemaskerde mans oorval word.

In Appassionata raak pianis Derek Hugo betrokke in 'n verhouding met sangeres Nina Rousseau - 'n verhouding wat egter op haar aandrang platonies bly. Maar alles verander na 'n gewelddadige voorval in 'n restaurant, toe Nina daarop aandring dat hulle vir 'n paar dae na haar ou familieplaas toe gaan - 'n plek met 'n donker geskiedenis.

Soos sy lesers van Andrť Brink kan verwag: hier is weer eens die meesterverteller aan die woord!

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W