Stuur jou resensie vir ons by
Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by 'n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen 'n geldgemors wat ek eiehandig geskep het. Dobbel en foreign exchange het my sewentig maal sewe keer hel toe en terug gestuur.
My sabbatsreis was 'n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar my dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag op die spieël weggewasem het, het ek agter my in die spieël 'n skare gesigte gesien. Soekers, soos ek. Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Want dalk lê die essensie van die lewe iewers in dié menigte gelê. As ek nie daar gaan soek het nie, sou ek nooit weet nie.
Dit was 'n ongelykpad wat my meermale té diep in myself laat verdwaal het. Algaande het ek egter my doolhof beter begryp, die ontrouheid van my lewensmaat, die aborsie. Dat ek die pad geloop het, enduit, het my verander. Uiteindelik kon my eie stem in harmonie kom met die neuriekoor, het ek besef dat elke aardling op sy eie sabbatsreis is. En kon ek uiteindelik tuiskom in die Kanaänland van melk en heuning - in myself.
Koop / Buy Sabbatsreis ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.