Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Judasbok

Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en diť bundel verhale het haar nŠ aan haar hart gelÍ, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lÍ hierin opgesluit.

"As ek uit die skool is, gaan ek ... boeke skryf," sÍ een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word." Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie mťťr as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Dalene Matthee (geb. Scott) is in 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan 'n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang.

Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populÍre romans gepubliseer: 'n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, burgemeester (1983). Haar eerste boek was 'n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar 'n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn.

Kringe in 'n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was 'n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). Van Fiela se kind is 'n rolprent onder regie van Katinka Heyns gemaak. In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn.

Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa reeds vier keer verower, en in 1993 het sy in ZŁrich 'n Switserse literatuurprys ontvang vir haar "lewenskragtige literÍre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming".

Die JudasbokDalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.
Koop / Buy Die Judasbok ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W