Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Domein van glas

Domein van glas

Soos vertaal deur Antjie Krog
Dimitri Tsafendas het ´n ingrypende en dramatiese invloed gehad op die geskiedenis en politiek van Suid-Afrika. Tot met sy onlangse tragiese, eensame dood was min oor dié man bekend, maar dit het mens ook weer laat wonder oor sy gekompliseerde psige en die motivering vir die daad wat hom uit obskuriteit geruk het.

Domein van glas vertel juis sy verhaal - die verhaal van die man wat die destydse Suid-Afrikaanse Eerste Minister Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 met vier wilde dolkhale in die Parlement om die lewe gebring het.

Dis ´n boeiende reis deur die verlede, ´n versigtige na-loop op spore wat lê in die Bo-Kaap, die Kaapse Vlakte, Langstraat, die Tuine, tot in ´n psigiatriese hospitaal in Krugersdorp. ´n Land én landskap wat verruklik - en soms met verskrikking - geteken word.

Binne hierdie werklikheid word die vermoede ruimtes van Tsafendas gepeil en word dié halwe Griek, halwe swart man, se kop en verlede ´n fassinerende narratief wat hom afspeel teen dié van Verwoerd en Van Woerden - albei half-Hollander, half-Suid-Afrikaner.

Breyten Breytenbach sê oor dié boek:
"Net Henk van Woerden slaag só daarin om die land en die geskiedenis oop en nuut te maak. Uit die donkerte van ´n beskamende doodswye het hy vir Stefaans gaan haal sodat ons hom in sy volle menswees kan ontmoet. Dankie, Henk!"

Vernon February se kommentaar is:
"Dit is ´n 'eina'-boek. Soms was ek die moer in omdat ek so baie plekke en dinge daarin herken."

Die skrywer, Henk van Woerden is in 1947 in Leiden gebore. Vir ´n tydperk van twaalf jaar - 1956 tot 1968 - bly hy in Suid-Afrika en gradueer hy aan die Michaelis Skool vir Skone Kunste in Kaapstad. Hy skryf twee hoog aangeskrewe romans. Moenie kyk nie (1993) is bekroon met die Geertjan Lubberhuizenprijs en genomineer vir die Libris Literatuurprijs. Daarna volg Tikoes in 1996. Een mond vol glas verskyn in 1999 en is die indringende laaste deel van ´n drieluik oor Suid-Afrika. Dit word tans ook vertaal in Engels, Grieks en Noors en verskyn later vanjaar in die VSA.

Die vertaler, skrywer en digter Antjie Krog is in 1952 op ´n plaas in die Vrystaat gebore. Sy is ´n bekroonde skrywer, vereer met onder meer die Eugène Maraisprys, die Rapportprys en die Hertzogprys. Benewens die agt digbundels, kinderverse en ´n novelle publiseer sy ook Country of my skull, waarvoor sy plaaslik die Alan Paton-prys sowel as die Booksellers Choice Book of the Year ontvang, en in Stockholm die Jaar 2000 Toekenning van die Hirosjima Stigting. Haar werk is vertaal in Engels, Nederlands, Italiaans, Frans en Spaans.

Skakel Riana Barnard by Queillerie, (021) 424-1320, vir meer inligting.
KoopBuy Domein van glas...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W