Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

'n Sensasionele Lewe

'n Sensasionele Lewe

Wonder jy of jou verhouding met jou man en kinders is soos wat dit behoort te wees? Voel jy asof jy teen die dak vasbid, of asof God nie met jou wl praat nie? Het jy al gewens dat jy net ts aan jou lyf, gesondheid, kleredrag of voorkoms kan verander, maar jy sukkel om dit reg te kry? Is daar dinge in jou lewe wat jou slapelose nagte gee - jou finansies, werk, omgewing, siekte, huwelik of lewensdrome?

As jy jouself in enige van hierdie vrae kan raaksien, is'n Sensasionele Lewe net die boek vir jou! Die inhoud van die boek bestaan uit vrae wat jou sal help om jou eie lewe in onskou te neem, bewusmaking dat jy nie alleen is in jou situasie nie, en raad wat jy prakties in jou lewe kan gebruik.

Dertig hoogvliegvroue deel elk iets persoonliks uit hulle eie lewensverhaal met jou. Wat meer is, hulle motiveer jou ook om nie vir 'n oomblik langer soos 'n tarentaal onder op die grond rond te skarrel nie, maar eerder hoog in die lug te sweef soos 'n arend. En met die praktiese raad wat vir hulle gewerk het daarby, sal hierdie boek jou beslis help om self 'n sensasionele lewe te bereik in elke faset van jou vrouwees.

Kom leer gerus by skrywers en bekende persoonlikhede soos Nina Smit (stiltetyd), Est Geldenhuys (af tye), Suzette van der Merwe (seerkry en teleurstelling), Chante Hinds (selfvertroue), Lindie van Eeden (vriendskap), Wanda de Kock-Bam (familie), Linda Kriel (lyf), Liesel Krause-Wiid (selfversorging en voorkoms), Maretha Maartens (kerk) en Milanie Vosloo (werk).

'n Sensasionele Lewe sal jou lewe verander en verryk in terme van jou liggaam, gees en denke.Dit sal jou ook bemagtig om die lewe met al sy uitdagings weer in die o te kyk met selfvertroue en die wete dat jy j mag wees: 'n Godgeskape, droomvervulde en unieke vrou wat suksesvol sl wees!

Hierdie boek is uitsonderlik want.
- dit is Maart Finesse se redakteurskeuse
- 30 hoogvliegvroue deel hul lewenskuns
- daar is vrae om te beantwoord aan die begin van elke hoofstuk om moontlike persoonlike kwessies in jou lewe uit te lig
- skrywers gee praktiese wenke aan die einde van elke hoofstuk wat jou lei om te

Reik na hor hoogtes en uit te styg bo jou omstandighede.

Vir bestellings en navrae:
Amelia Westraadt
T (016) 982-3617
F (016) 982-3618
amelia@carpediem.co.za


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W