Stuur jou resensie vir ons by
Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die
wange en duisende duiweltjies in haar oë.
Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie.
Saartjie reël 'n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie.
'n Paar dae later sluip sy en haar maats in by 'n bouvallige ou huis waar 'n kluisenaar jare gelede dood is en ontdek 'n geraamte en 'n ysterkis.
Hulle het skaars van hierdie avontuur herstel wanneer Saartjie besluit om te gaan heuning uithaal. Die bye steek hulle egter nie so erg soos die arme hoenders op 'n nabygeleë kleinhoewe nie!
Die
laaste dag op laerskool aap Saartjie tot almal se vermaak party van die onderwysers na
en dan moet sy aan 'n debat teen 'n seun deelneem. Ja-nee, sy is beslis 'n besige
meisie!
Koop / Buy Saartjie ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.