Stuur jou resensie vir ons by
Jesus het gelykenisse gebruik om die geheime van sy koninkryk oor te dra. Die gelykenisse wat Hy vertel het, was soos 'n prenteboek om die nuwe lewe wat Hy bring aan mense te verduidelik.
In hierdie boek word Jesus se gelykenisse 'n Kinderbybel vir grootmense, 'n video met karakters waarin lesers hulle diepste swakhede sal herken, maar ook die beste nuus sal hoor.
God se prenteboek is geskryf deur die bekende Duitse teoloog, Helmut Thielicke. Tydens die 2de Wêreld Oorlog het duisende mense na Thielicke gaan luister. In daardie spanningsvolle tyd het Thielicke aan die verslae en ontnugterde mense van Europa hoop gegee terwyl die bomme hulle stede verwoes het. Sy boeke is in talle tale vertaal en het die eerste keer in 1980 in Afrikaans verskyn.
God se prenteboek lê Jesus se gelykenisse op so 'n manier uit dat die leser dit altyd sal onthou. Thielicke het die vermoë om diep Bybelse waarhede op 'n eenvoudige manier te verduidelik. In hierdie boek kry die leser die geleentheid om na die "prente" te kyk wat Jesus geskets het van hoe mense se lewe ten diepste lyk, en van die aanvaardende liefde en nuwe lewe wat Hy aanbied.
Formaat: SagtebandStuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.