Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sonklong oor Afrika

Sonklong oor Afrika

D J Opperman het ´n groot invloed gehad op talle Afrikaanse digters en skrywers. En met die polemiek wat ontstaan het rondom die verskyning van Andrť P Brink se Groot Verseboek 2000 waarin hy op Opperman se werk voortgebou het, het die kollig ook weer op Opperman se eie digwerk geval.

Van 1980 tot 1981 het Opperman aan die digbundel Sonklong oor Afrika gewerk. Maar ´n ernstige beroerte het hom verhinder om dit te voltooi. J C Kannemeyer het ´n keuse gemaak van die gedigte-in-wording (hulle is nie deur Opperman gesanksioneer as voltooide werk nie). Dit is ook ´n keuse omdat ´n aansienlike deel van die bundel uit invalle, aanlope, ruwe prosasketse en onleesbare gedeeltes bestaan waaruit min of geen sin te maak is.

Die keuse is getranskribeer en verskyn hier saam met faksimilees en aantekeninge. Aanvanklik toon hy met drie voorbeelde aan hoe ´n histories-kritiese uitgawe aangepak sou kon word (die ontwikkelingfases van die gedigte word getoon).

In die afdeling "Die gistende baaierd" is daar voorbeelde van die talle skerwe poësie - klein sprankelende onderdele. Uiteindelik volg 34 weergawes van gedigte-in-wording.

Kannemeyer se werk aan Sonklong oor Afrika word beskryf as baanbrekerswerk op letterkundige gebied. Vir die eerste keer word ´n groot digter se onvoltooide manuskrip met ´n keuse van variante "geskep".

Bewonderaars van Opperman sal baie belangstel in die afsluiting van sy versamelde werk.

J C Kannemeyer is tans voltydse navorser en skrywersbiograaf. Hy woon op Stellenbosch. Hy is bekroon vir sy letterkundige kritiek en geskiedskrywing. Ook vir sy biografieë oor D J Opperman en C J Langenhoven.

Sonklong oor Afrika word uitgegee deur Tafelberg.
Koop/Buy Sonklong oor Afrika...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W