Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Kuberwoordeboek

Die tweetalige Afrikaans/Engelse en Engels/Afrikaanse Kuberwoordeboek is sopas deur Protea Boekhuis (Pretoria) bekend gestel. Met prof Christo Viljoen as redakteur, in medewerking met prof Niek du Plooy en Samuel Murray, was die daarstelling van die woordeboek 'n projek van die Vriende van Afrikaans. Ruim finansiŽle ondersteuning is gegee deur die Taallessenaar van die Afrikanerbond.

Die Kuberwoordeboek is die eerste hersiene woordeboek op die terrein van die informasietegnologiebedryf sedert die verskyning van die Tweetalige Rekenaarwoordeboek van N Coetzee, NF du Plooy en AD de V Cluver in 1987. Hierdie baanbreker-woordeboek het egter verskyn voor die koms van die internet, en vakterme wat vandag roetinegewys in die internet en informasietegnologie gebruik word, verskyn nie eens in die oorspronklike werk nie. Diť vakgebied ontwikkel sů snel dat twee tot drie nuutskeppings weekliks tot die Engelse woordeskat toegevoeg word.

Dus, as jy wil weet wat die Afrikaanse ekwivalent van "phising", "blogging", "surfing" of "google" in Afrikaans is, behoort die Kuberwoordeboek op jou boekrak te wees.

Die Kuberwoordeboek beslaan 518 bladsye en is verkrygbaar teen R250 by Protea Boekhuis, Pretoria.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W