Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies

Die mooiste Afrikaanse sprokies, vir die eerste keer in 1968 uitgegee, met herdrukke in 1984 en 1993, spog nou met 'n splinternuwe baadjie. Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika. Baie van die Oosterse invloed het uit die geledere van die Kaapse Maleiers gekom en die Afrika-invloed van die San- en Koikoi en verskeie swart stamme. In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals-en-Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By, Tyl Uilspieël, wat dit so geniet om menslike swakhede aan die kaak te stel, en talle ander ander. Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf deur baasverteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal. Die uitbundige illustrasies deur Sťan Verster dra uitstekend by tot die vermaaklike aspek van die verhale.
Koop Die Mooiste Afrikaanse Sprokies...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W