Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Michael Crichton 1942 - 2008

John Michael Crichton sal deur meeste onthou word as die skrywer van films soos Jurassic Park, The Lost World en skepper van die TV-reeks ER.

Michael Crichton was 'n skrywer. As jong student by Harvard Universiteit skryf hy A Case of Need onder 'n skuilnaam. Hy ontvang die Edgar-toekenning vir die boek.

As jong skrywer gebruik hy die skuilname John Lange en Jeffery Hudson. Die name spot met sy bogemiddelde lengte van 2,06 meter. "Lange" soos 'n Afrikaassprekende sal verstaan. Jeffery Hudson was 'n hofnar in Engeland in die 17de eeu en 'n dwerg.

By Harvard is Crichton destyds omgekrap oor die lae punte wat hy ontvang vir sy werk. Hy lewer werk in van George Orwell as sy eie. Hy het 'n professor wat hy vertrou vooraf hiervan ingelig. Vir Orwell se werk kry hy 'n B.

Michael CrichtonNa sy studies word hy 'n dosent in antropologie aan Cambridge Universiteit. Hy keer egter terug na Harvard om 'n mediese graad te verwerf. In die tyd skryf hy die bekende The Andromeda Strain.

Jurassic Park is in 1990 gepubliseer en The Lost World in 1995. Michael Crichton se ander bekende boeke is Congo (1980), Sphere (1987), Rising Sun (1992), Disclosure (1994), State of Fear (2004) en Next (2006). Meeste van hierdie boeke is verfilm. Sy laaste boek word in 2009 vrygestel en het nog nie 'n titel nie.

In 1973 het hy die teks geskryf en was hy die regisseur van die film Westworld.

Michael Crichton was 'n kankerleier en is skielik oorlede op 4 November 2008 in Los Angeles op die ouderdom van 66. Hy was vyf keer getroud. Hy laat sy laaste vrou Sherri Alexander en enigste dogter Taylor Anne Crichton agter.




Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W