Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Charlotta

Die uitgewers van di boek, Human & Rousseau, sê hulle is oorweldig deur die ongekende belangstelling daarin tydens die landwye bekendstelling.

Jeanette Ferreira se vorige twee romans wat tydens die Anglo-Boereoorlog afspeel, Babette en Catharina, het menslike lotgevalle tydens hierdie oorlog vir lesers ontsluit soos die datums en veldslae van dokumente dit nooit kan doen nie.

Charlotta vertel vanaf die jaar voor die oorlog tot en met die vredesluiting, van bedrog en familietwis, van een vrou wat die oorlog met ´n Rooikruisvlag in haar hande en drif in haar siel tegemoetgaan.

Die uitgewer sê dis ´n roerende, epiese verhaal wat die liefde en groei tot selfkennis van ´n jong vrou in ´n tyd van oorlog en hartseer met liriese intensiteit en passie uitbeeld.

Die jong Charlotta wat in haar ongenaakbare oom se huis grootgeword het, kry dit reg om geld te leen vir haar verpleegopleiding onder Henrietta Stockdale in Kimberley. Sy laat haar verloofde, Helgaardt, agter in ´n Pretoria waar die eerste tekens van die dreigende oorlog kort daarna die atmosfeer begin vertroebel. Maar dit is ander misverstande en ´n donker familiegeheim wat uiteindelik tot die verbreking van hul verlowing lei.

Wanneer die oorlog uitbreek, is Charlotta een van die min opgeleide Boereverpleegsters wat na die gevegsfront vertrek. En dit is daar dat haar weë kruis met di van die blou-oog Michael Thorneycroft, die gewonde Britse offisier wat in die Boere se veldhospitaal beland.

Maar ´n oorlog trek nie oor ´n land se kop heen en los die mense soos hulle was nie - so sê Siel, die bruin vrou wat soos ´n ma vir Charlotta was. Jy word soos ´n pot vol kruide uitgekook sodat jy sterk medisyne kan gee. Die oorlog maak ´n mens anders, presies soos liefde ´n mens anders maak, en geregtigheid kan kom langs vreemde weë, ontdek Charlotta uiteindelik.

Jeanette Ferreira is ´n skrywer van gewilde n literêre romans. Sy is mede-professor in Afrikaanse letterkunde by die Vista Universiteit en woon in Pretoria.

Charlotta is beskikbaar by boekhandelaars of direk van die uitgewer. Vir meer inligting, skakel Jaco Scholtz by Human & Rousseau, (021) 423-3911.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W