Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Rondom Soverby

Wat is dit aan die Weskus wat mense so vasgryp? Baie kenners het al diť vraag probeer antwoord maar vir elke mens hou die streek seker iets anders in.

Een ding wat die gebied uniek maak is die Weskus se onmiskenbare mense wat diep onder jou vel inkruip. Rondom Soverby is die verhaal van ´n groep van diť mense.

Die boek handel oor die vissersgemeenskap van Dwarskersbos en omgewing wat by Soverby hulle bestaan uit die see gemaak het in die uiters moeilike twintiger-jare tot laat in die veertigs. Soverby is geografies tussen Laaiplek en Dwarskersbos aan die St Helenabaai geleë.

Dit is ´n kontreiverhaal wat die lewenswyse van vissersmense uitbeeld uit ´n era wat verbygegaan het. Hulle was arm en geld was skaars. Maar dit het hulle nie ondergekry nie. Byname was algemeen en poetse bak was ´n daaglikse gebeurtenis.

Abraham sê hy het die boek geskryf omdat die geskiedenis van Soverby en sy mense anders vir die nageslag verlore sou gewees het. Nou is dit opgeteken - ook danksy die borgskappe van die voorsitter van die Fabrieksvereniging van die Weskus Gerhard Wiese en Greg Anderson van Sea Harvest.

Die skrywer sê ook dat Taat Visser aan wie die boek opgedra word ´n boorling van Dwarskersbos was wat ´n goeie stukkie navorsing agtergelaat het. Sy weduwee Babs het in 1992, ´n jaar voor sy dood, die notas aan Abraham beskikbaar gestel, waaroor hy baie dankbaar is.

Abraham Brink is ´n Sandvelder van geboorte maar het nie net Suid-Afrika en die destydse Suidwes-Afrika platgeloop nie, maar ook oorsee in plekke soos Amsterdam en Londen gewerk. Hy was lank aan die Suid-Afrikaanse Vloot verbonde en het hom na sy uittrede op Dwarskersbos gevestig. Daar is hy ´n vryskutjoernalis wat weens sy liefde vir die natuur ook betrokke is by die Weskus Nasionale Park.

Rondom Soverby is beskikbaar by Naspers se Boeksentrum in Kaapstad by (021) 406-2118 of stuur e-pos aan die Boeksentrum Dit is ook by Abraham self te kry. Sy selnommer is 083-462-9377.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W