Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Trousseaukis

'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel. 'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word.

'n Predikant verslaaf hom aan 'n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en blou blokkies wat hy dag en nag met koorsagtige presisie inmekaar probeer pas. 'n Vrou wat nooit weer aan die huwelik en liefde herinner wil word nie, moet tydens haar skeisaak 'n trourok maak vir 'n aanstaande bruid wat by die dag duideliker oor die buik en bors uitsit.

Dis oor boeiende mense soos di dat Annelie Botes in Trousseaukis skryf - vroue en mans met wie jy jou kan n wil identifiseer. In elkeen van di dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid n goedheid ken, en dat sy weet hoe om met empatie te vertel.

Annelie Botes is gebore in Junie 1957 op die plaas Grootfontein in die Kammanassie naby Uniondale. Sy is gedoop, geskool, getroud op Uniondale en het in 1986 'n onderwyslisensiaat in klavier aan Unisa behaal.

Haar eerste skryfwerk is gepubliseer in die destydse Brandwag toe sy 18 was. N baie jare van stilte begin sy in 1994 aktief skryf. Ongeveer 50 kortverhale en novelles het reeds in Huisgenoot, Sarie en Rooi Rose verskyn. Sy debuteer in 1995 met die roman Trippel Sewe (Queillerie) en later in 1995 verskyn Ribbokvoete (J.P. van der Walt), en in 1997 verskyn Klawervier by Tafelberg-Uitgewers, waarvoor sy die ATKV-prys vir gewilde prosa ontvang.

TrousseaukisSy woon tans in Port Elizabeth met haar eggenoot Chris wat as kursusontwerper by Telkom werk. Botes is 'n klavieronderwyseres en kerkorreliste van professie.
Koop / Buy Trousseaukis ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W