Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Asbesmiddag

'n Romanskrywer en Professor in Skeppende Skryfwerk aan 'n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in 'n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer 'n bejaarde en beroemde biljoenÍr, 'n asbesmagnaat.

Versteek in 'n steeg voorsien die haarsalon bekendes, wat op soek is na privaatheid en rus, van uurlange kopmasserings, begelei deur Italiaanse tenore en pierings vol olywe. Die skrywer se vader - eens 'n vuurspuwer en latere ringmeester in 'n Karoosirkus - deel 'n ongelukkige geskiedenis met die asbesmagnaat en die skrywer is voyeuristies daarop uit om wraak te neem by wyse van sy vertelling - of so dink hy.

Gou ontdek hy egter dat ander spelers in die verhaal ratser manipuleerders van storielyne is as hy. Die biljoenÍr word 'n karakter in die skrywer se boek en die hooftema word die kunstenaar se uitbeelding van die werklikheid, wat lei tot die skepping van 'n vervormde en nuwe werklikheid, kortom, 'n onwaarskynlike onmoontlike: Storie. Dit word deur die sirkus se hoogtepunt-toertjie gesimboliseer - twee kameelperde wat op onwaarskynlike wyse hul nekke verknoop.

Die skrywer en die biljoenÍr se lewens verknoop, werklikheid en fantasie verknoop, die twee vaders (die skrywer se bloedvader en sy nuwe magnaatvader) verknoop - en lei tot 'n skokkende einde wat reeds vroeg in die boek deur 'n Indiese fortuinverteller voorspel is.

AsbesmiddagWie het ten slotte vir wie geskryf? Wie van die twee mans - die romansier of die magnaat - is die werklike hand agter die verhaal?

'n Storie oor bloedeed, sensualiteit, 'n veranderende Suid-Afrika, 'n verlange na 'n verlore verlede, en 'n geheimsinnige Wes-Afrikaan, die alomteenwoordige Mister Deejay Gucci X.

Ook 'n handleiding oor kunstenaarskap, en 'n wrede verkenning van die etiese problematiek van die skrywer. Etienne van Heerden se nuwe roman is 'n kragtoer.

Die internasionaal bekende skrywer woon saam met sy vrou, Kaia, en hul twee dogters op Stellenbosch. Hierdie veelbekroonde skrywer (Hertzogprys, 2 CNA-pryse, 5 ATKV-pryse, 3 W.A. Hofmeyrpryse, EugŤne Maraisprys, ens.) is die afgelope twee dekades reeds betrokke by die doseer van letterkunde, literÍre teorie en kreatiewe skryfwerk. Tans is prof. Van Heerden verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy benewens kreatiewe skryfwerk-begeleiding ook gemoeid is met die doseer van literÍre teorie, mediastudies en Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Van Heerden se vorige roman, In stede van die liefde (2005), is met sowel die ATKV-Prosaprys as die W.A. Hofmeyrprys bekroon.
Koop / Buy Asbesmiddag ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W