Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Oemkontoe van die nasie

Oemkontoe van die Nasie

Oemkontoe van die nasie, vir die eerste keer gepubliseer in 2001, is 'n satiriese terugblik vanuit die jaar 2005 op die Ou en Nuwe Suid-Afrika.

In hierdie proses bevind Britse beleidmakers uit die 1800's hulle onverwags voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Boere uit die Noordelike Provinsie keer die Groot Trek om. Terug Kaap toe, in bakkies met frieskoeie en hoenders agterop, die plaaslike koerantredakteur as trekleier in die Volla voor, die nuwe trekkers vervul met siniese droefheid oor die turfland en wit gras wat agtergelaat word. Histories benadeeldes doen aansoek om as histories bevoordeeldes geherklassifiseer te word. Mense wat in die ou bedeling opponente was, raak ongemerk bondgenote. En die Paarlse Taalmonument se lot as 'n nuttelose spies word finaal verseŽl.

Maar daar is nog Faan Starck, 'n plattelandse onderwyser wie se skryfloopbaan begin met 'n satiriese rubriek in 'n plaaslike koerantjie en 'n storieboek wat per geluk vir hoŽrskoolleerlinge voorgeskryf word. Sonder dat Faan dit so beplan, word die drukpotlood waarmee hy sy polities verkeerde stories pleeg, skerper, word dit 'n nuwe oemkontoe wat tegelykertyd genadeloos hekel en tragiek blootlÍ. Dit is nie welkom nie, en Faan se tydsberekening is helaas swak - ' . maar hemel, jou politiek, Starck, waar kruip jy uit? Dis ... 'n land met 'n veritabele reŽnboog van regte waarvoor jy sensitief moet wees.'

PJ Haasbroek het verskeie kortverhaalbundels, jeugverhale, 'n novelle en 'n roman die lig laat sien en die EugŤne Marais-prys vir Heupvuur ontvang. Hy is 'n voormalige professor in Ekonomie en is tans as ekonoom verbonde aan 'n multinasionale maatskappygroep.
Koop / Buy Oemkontoe van die Nasie....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W