Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Vyf ses, skerp mes

Vyf ses skerp mes was een van die finaliste in Human & Rousseau se kompetisie Ek is 'n skrywer, aangebied in samewerking met die tydskrifte Huisgenoot, You en Drum, en RSG Befonk en SABC Education. Diť boek is 'n tragiese liefdesverhaal wat in die sestigerjare, te midde van die gedwonge verskuiwings, in Distrik Ses afspeel. Die hoofkarakter, Abbi, is 'n skrander meisie uit 'n armoedige gesin. As jong kind raak Abbi bevriend met die seun van die predikant van die Morawiese kerk in Distrik Ses. Teen alle waarskynlikhede in ontwikkel die vriendskap in 'n hegte band en word dit ook 'n liefdesverhouding. Die verhouding word beleef deur die naÔewe perspektief van 'n jong, dromerige meisie. Abbi het aanvanklik geen begrip daarvoor dat haar verhouding met die wit seun ongewoon en selfs ongewens is. Veral die seun se ma, die snobistiese en kil Mrs Black, se houding kan sy nie verstaan nie, maar sy word teruggeruk na die werklikheid toe haar eie pa haar met sy gordel afransel omdat sy nie die "whitey" wil uitlos nie.

Intussen is haar broer se bitterheid besig om in 'n soort selfvernietigende haat te ontwikkel. Sy verset teen maatskaplike verdrukking en sy tiener-rebelsheid laat hom by misdaad betrokke raak. En uiteindelik gebeur die haas onvermydelike. Deur slinkse manipulering word die wit seun in 'n lokval gelei en vermoor.

Die jonge Abbi se wÍreld stort in duie. Nie net as gevolg van die feit dat haar geliefde vermoor is nie, maar ook omdat haar broer op een of ander wyse aandadig was. Sy en haar gesin verloor ook nog die broer as hy weens die moord in hegtenis geneem word. Bowendien lyk dit asof die Black-gesin haar aanspreeklik hou.

Vyf ses, skerp mesDie verhaal word ook deels vertel uit die perspektief van 'n veel ouer Abbi. Sy is nou 'n gevestigde skrywer en kan met die afstand van jare, en die insig van terugskoue vertel wat die nagevolge van die moord was. Sy kan vertel hoe liefde uiteindelik tog geseŽvier het en dat haar geliefde Benjamin selfs na sy dood die gom was wat breuke kon heel en mense bymekaar kon hou.

Brigette Labuschagne is 'n 20-jarige verkoopsassistent van Brackenfell, en Vyf ses, skerp mes is haar skryfdebuut.
Koop / Buy Vyf ses, skerp mes ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W