Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Geraamte in die klas

Geraamte in die klas

Op skool het ons almal die een of ander tyd in 'n VREESLIKE onderwyseres se klas beland. Ja, jy weet van wie ek praat, nie waar nie?

In hierdie boek het twee seuns, Cobus en Stephan, ook so 'n onderwyseres - juffrou Beneke.

Juffrou Beneke hou die twee seuns na klas op die dag voordat hulle op die graad 7 toer moet vertrek. Dan gebeur die ongeluk . . . Cobus en Stephan se wetenskap eksperiment loop skeef toe hulle nies- en jeukpoeier ook in die proefbuis gooi. Die spulletjie ontplof net toe juffrou Beneke by die seuns se lessenaar kom staan. Die ontploffing is so groot dat juffrou Beneke die plastiek geraamte wat voor in die klas staan, disnis val . . . En oomblikke later verdwyn juffrou Beneke en net die geraamte bly oor . . . Cobus en Stephan kan later hulle oŽ nie glo nie - het die plastiek geraamte vanself begin beweeg?

Dit is hoe Cobus en Stephan se maltrap avontuur begin. Die twee laaities moet behoorlik bontstaan om hierdie lewende geraamte juffrou op die bus te smokkel sodat die graad 7 toer kan voortgaan. Dan is daar ook 'n wilde jaagtog met 'n spoedvarkie, 'n geveg met 'n gevaarlike seekat en nog baie meer malligheid wat vir hulle voorlÍ!

Geraamte in die klas is Fanie Viljoen se vierde boek. Dit word aanbeveel vir selflees vir kinders van 9 tot 12. Ouers of onderwysers kan dit ook gebruik om voor te lees vir jonger kinders.

Die boek het 104 bladsye. Die letters is lekker groot gedruk en die volop kleur illustrasies, deur Karl Stephan, sal die verhaal nog lewendiger maak vir jong lesers.
Koop / Buy Geraamte in die klas....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W