Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Moltrein

Moltrein

Anton du Preez is ´n pianis uit Pretoria wat reeds jare lank in selfopgelegde ballingskap in Parys woon. Hy gee klavierlesse regoor die stad en ry elke dag moltrein van een bestemming na ´n ander. NŠ ´n verhouding met ´n Franse vrou wat ook lid is van die Kommunistiese Party, ontmoet hy eensklaps ´n skatryk mede-Afrikaner uit Stellenbosch, die blonde Erika de Ruiter in haar swart Ferrari. Sy voer hom heen na ´n wÍreld van weelde, van duur sjampanje, restaurante en hotelle, mooi klere en ´n appartement op die Champ de Mars neffens die Eiffeltoring. Moltrein verteenwoordig tegelyk ´n soektog na die sin van Afrikanerskap in die vreemde, ´n studie van ballingskap, ´n erotiese liefdesverhaal oor die verhouding tussen ´n kunstenaar en ´n baie ryk vrou, asook ´n Europese reisverhaal. Die verhaal spring van ondergronds na bogronds en terug in die moltrein wat algaande ´n metafoor word van toevallige ontmoetings, die "Browniaanse beweging" van liggame wat teen mekaar aanbots. Benewens ´n intense dialoog met die Franse letterkunde, word daar onverskrokke vrae gevra oor die ware redes waarom Afrikaners so ongeliefd in die wÍreld is. Die politieke boodskap van die roman, naamlik dat internasionale Afrikanerhaat in die 1980s onder andere te wyte was aan die Europeërs se skuldgevoel oor hul meelopery met die Nazi's, gaan beslis die tonge aan die roer sit.
Koop Moltrein...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W