Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die grafte jubel

Die grafte jubel van Esta Steyn moet sekerlik een van die aandoenlikste boeke wees wat ooit in Afrikaans verskyn het. Die subtitel van die boek is: Kroniek van pyn en genesing nŠ die dood van ´n kind.

Esta Steyn, draaiboekskrywer van televisiereekse soos Meeulanders en Soutmansland het reeds twee kinders aan die dood afgestaan. Die grafte jubel is haar rou en eerlike verwoording van situasies tydens en na die dood van ´n seun. Haar ervarings van hierdie situasies ruk die leser wat nog nie hierdie afgryslike ervaring gehad het nie. Die ontstellendste van hierdie vertelling is hoe pyn alledaagse en normale optrede besoedel.

Steyn vertel die verhaal van die moeder in die derde persoon omdat dit makliker is as om dit in die eerste persoon te herleef. Sy vertel hoe ´n moeder redeneer wanneer sy klere uitsoek om haar seun se lyk in te begrawe, hoe alles skielik nuwe betekenis kry - die nuwe hoeveelheid aartappels wat geskil moet word vir ete; gebare van vriende wat troos probeer bring; die oorbekende klank van kerkklokke.

Dis 'n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skryfster die wagtyd in 'n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na 'n vermiste kind op see.

Hoewel die boek geen leser onaangeraak sal laat nie is daar geen sentiment nie. Waarskynlik omdat dit so eg en onopgesmuk vertel word. Uiteindelik wag daar dan ook vrede en aanvaarding en genesing.

Steyn se vermoë om filmies te dink en haar onpretensieuse skryfstyl bring mee dat hierdie dramatiese ware verhaal herinner aan die NaÔewe Kuns. Dit spreek dadelik en diep tot die leser en bring insig in ´n wêreld wat almal so lank as moontlik wil vermy.

Dit lees soos fiksie, 'n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte, die aanhalings, en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.

Die grafte jubel word uitgegee deur Lux Verbi-BM. Skakel 0860 231 231 om dit te bestel.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W