Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu

In 2008, tydens J.C. Steyn se sewentigste lewensjaar, verras hy ons met 'n outobiografiese vertelling. Hy gee sy herinneringe as Vrystaatse boerseun, taalkundestudent in Nederland, akademikus, joernalis (Volksblad en Rapport), politieke kommentator, digter, prosaskrywer en biograaf van N.P. van Wyk Louw, M.E.R. en Piet Cillié. Ook het hy meegewerk aan die geskiedskrywing oor die Nasionale Pers en deelgeneem aan projekte om die voortbestaan van Afrikaans te verseker.

Vir sy onthou steun hy op vertellings van sy familie, briewe, koerantberigte, boeke deur sy geesgenote soos Hermann Giliomee, I.L. de Villiers, Piet Cillié en N.P. van Wyk Louw. Hy deurskou die Anglo-Boereoorlog en die Rebellie, Republiekwording, die jare van noodtoestande en grondwetonderhandelinge tot vandag. Daar is positiewe én ontstellende insigte. So ontstaan 'n geskakeerde beeld van die lewe van die Afrikaner, hoe die tydsgewrig nie altyd gunstig vir dié kultuurgroep was en is nie, maar soos die sonkyker - 'n skugter en weerbarstige Vrystaatse reptiel - kyk Steyn en ander Afrikaners skerp na sake, in die brandpunt in. Opstand en verset bly nie uit nie.

Hy dramatiseer nagenoeg al die belangrikste historiese gebeurtenisse sodat dit weer voor jou afspeel, gee ook minderbekende detail. Hy verras jou met sy eie of 'n familielid se aandeel. Hiernaas kry ons ook die "klein geskiedenis". Hoe was die alledaagse lewe, die sorge en vreugdes van die Afrikaner in die huis, skool, werkplek en kerk? Kortom: 'n kultuurhistoriese skat. Hy openbaar heelwat van die onverwagte fasette van sy eie persoonlikheid - dit amuseer jou. Dan ontroer hy met vertellings oor sy moeder wat as onvergeetlike karakter voorgestel word: haar stryd teen kanker en blindheid, haar liefdevolheid sónder sentimentaliteit.

SonkykerDis 'n boek vir sy tydgenote wat dié jare beleef het en nou hulle indrukke en belewenisse kan vergelyk met syne, saam met hom sin en betekenis daaruit kan haal. Om nie die nostalgiese plesier daarvan buite rekening te laat nie. 'n Jonger geslag sal in Sonkyker begrip vir die verlede kan vind, ook insig in huidige verwikkelinge. Dis 'n onmisbare dokument waarin die Afrikaner se kultuur, sy politieke oortuigings, en veral sy taalstryd van die afgelope dekades vervat is. Hierdie geskiedenis is nog nie vantevore só opgeteken nie.
Koop / Buy Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W