Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Moenie vir ma se nie

Moenie vir Ma sê nie

Elize Parker se tienerroman Moenie vir Ma sê nie wat by Lux Verbi.BM verskyn word beskryf as een van die opwindendste toevoegings tot hedendaagse Afrikaanse tienerleesstof.

Dit is die verhaal van ´n veertienjarige dogter wat binne die onvolmaakte wêreld van vandag n ´n onvolmaakte gesin grootword. Hier is geen sprake van ´n versiersuikersprokieswêreld nie - dit is ´n realistiese omgewing waarmee die meeste tieners hulle sal kan vereenselwig en is geskryf in die taal van die moderne tiener.

Hierdie boeiende roman is gelaai met groepsdruk, streshantering, die oorheersende wêreld van die rekenaar en die Internet, die pyn en verwarring van grootword, liefde en verliefdheid, isolasie, gesinskonflik, ontvlugtingsmeganismes, gebrekkige godsdiensonderrig, ensovoorts. Tog kom morele waardes sterk na vore: ´n Mens jok nie vir jou ouers nie, tree verantwoordelik op deur nie vir moeilikheid te soek nie, neem die verantwoordelikheid vir jou eie optrede.

Parker wat bekend is vir haar liefdesromans is ook ma van twee jong dogters. Sy het wyd en syd met jong tieners gepraat oor hul vrese en aspirasies voor sy aan Moenie vir Ma sê nie begin skryf het. Parker is self ´n ewige tiener wat, al is sy "fortysomething", nog 16 jaar oud voel. Sy hou van boybands, roomyswinkels en Julia Roberts-films. Sy leen af en toe haar dogters se rollemskaatse en is mal oor die nuwe skopfietse. Haar verhouding met haar dogters is vir haar van primêre belang en saam met hulle is sy op haar gelukkigste.

Moenie vir Ma sê nie is ideaal vir jong lesers vanaf 12 jaar, maar ouers van tieners sal deur hierdie boek groter insig kry in die binnewêreld van die tiener.
Koop/Buy Moenie vir ma sê nie


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W