Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Voorvaders kan vlieg, s Delores

Voorvaders kan vlieg, sê Delores

Haar naam is Delores, sy is effens middeljarig, effens getik, heeltemal onweerstaanbaar en daar is veertien verdiepings in haar hart. En Reinet Nagtegaal se boek oor haar is die debuutwenner van die Insig/Sanlam/Kwêla-romanwedstryd.

Delores is ´n uitgeweke aktrise. Sy het ´n seun wie se vader sy nooit kon identifiseer nie, en ´n dogter wie se vader, die groot geliefde van haar lewe, haar een aand in liefde verlaat het.

Delores ken geen grense nie: sy dans met vreugde n met pyn. As die volte van die wêreld vir haar te veel word, gaan maak sy en haar dogter straatteater.

Aan haar naam kleef van die begin af ´n klank van trane. Sy's ´n koningin van hooglied n treursange, baie groter as die lewe self, ´n herrese lewensnar.

Om te lag, sê hierdie boek, is verlossing.

Reinet Nagtegaal is ´n regspraktisyn en woon in Melkbosstrand aan die Kaapse Weskus.

Voorvaders kan vlieg, sê Delores word uitgegee deur Tafelberg.
Koop Voorvaders kan vlieg, sê Delores...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W