Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Nutsman: selfdoen sonder sukkel

Die Nutsman: selfdoen sonder sukkel

Dit is uiteindelik hier: Riaan Venter van SABC 2 se Die Nutsman-faam se eerste selfdoen-handleiding in boekformaat.

Die boek, Die Nutsman: selfdoen sonder sukkel, het 'n aantreklike hardebandafwerking, en bevat 192 bladsye met 50 geÔllustreerde selfdoen-projekte oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe.

Riaan demonstreer stapsgewys hoe om van 'n bababed tot 'n staal fietsstaander te maak. Hierdie splinternuwe, eerste handleiding sluit ook onder andere in die:
installering van 'n toilet, bad en wasbak
installering van kombuiskaste
vervanging van ruite
elektriese werk
sekuriteitsprojekte
loodgieterwerk en VELE MEER!
Alle stappe word deur middel van volkleur foto's toegelig met duidelike aanwysings, lyste van benodigdhede, snylyste en akkurate tegniese tekeninge - 'n uiters geskikte geskenk vir selfdoenprojekliefhebbers.

Riaan Venter is die aanbieder van die bekende SABC 2-program, Die Nutsman, wat vanjaar reeds in sy vyfde reeks is en op Woensdae uitgesaai word. Riaan is ook die aanbieder van die bekende en gewilde kinderprogram, Iketsetsi, wat op Saterdae uitgesaai word. In diť program wys Riaan vir kinders hoe om kreatiewe handwerkprojekte te doen.

Ook beskikbaar in Engels as The Handyman: Do-It-Yourself.
Koop / Buy Die Nutsman: selfdoen sonder sukkel....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W