Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Draaijakkals

George Weideman

Haydee Hollander

George Weideman is op 2 Julie 1947 op die Karoo-dorp Cradock gebore. Hy het in die Karoo en in die Noord-Kaap grootgeword en aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok gematrikuleer. Op die tenger ouderdom van dertien bedryf hy sy skoolkoerant en skryf daarin wat hy wou . wel, mper wat hy wou, want die onnies het ook Die Namakwa gelees!

Toe hy nege jaar oud was, wou hy tale soos Magjaars (die taal wat hulle in Hongarye praat) en Yslands (die taal van die Yslanders) leer. "Daar is iets geheimsinnigs aan woorde . Goed soos hiërogliewe, Sjinese beeldskrif, Runeskrif en enige soort geheimskrif maak die lewe interessant." Hy wou weet waar woorde vandaan kom. Sy pa was net so verlief op woorde en liedjies en hy het altyd nuwe uitdrukkings, woorde, gesegdes en liedjies opgeteken. George hou van stories. Vandat hy kan onthou, het sy ouma en sy ma en sy tantes stories vertel: spookstories, grilstories, stories met stertjies . Dis seker maar hoekom hy skrywer geword het. As jy nou nie baie lus is om werk (nare woord!) te doen nie, kan jy altyd jou verbeelding aanskakel.

S het ´n paar kinderboeke (Rykdom uit rommel, Ben, Babi en die geel helikopter, Die raaisel van die spuitnaalde, Die storie van die lieweheersbesie en Koeries se rivier - almal uitgegee deur MML: Rimpelstories) en drie jeugboeke (Los my uit, paloekas!, Die optog van die aftjoppers en Dana se jaar duisend - uitgegee deur Tafelberg) al uit sy verbeelding ´n draai op papier gegooi. Hoewel hy ook gedigte en kortverhale en romans en toneelstukke vir grootmense skryf, gee die skryf van kinder- en jeugboeke hom die grootste gevoel van vryheid.

In Junie 1966, tydens sy tweede jaar as BA-student aan die Universiteit van Pretoria, verskyn sy eerste digbundel, Hondegaloppie, met verse oor die Karoo, die Boesmanland en Namakwaland. Ook As die son kliplangs spring, drie jaar later, bevat hoofsaaklik landskaps- en heimatverse.

In 1970, toe hy op Fraserburg skoolhou, sien Klein manifes van 'n reisiger die lig, en in 1977, toe hy in Port Elizabeth onderwys gee, Hoera, hoera die ysman. Liefdesverse kom in di twee bundels by: hy trou in 1973 tydens sy verblyf op Kenhardt met Celin Nel van Fraserburg. Hulle het twee dogters, Melita en Siobhan.

Gedurende die gesin se verblyf in Namibië (1978 tot 1989) voltooi George sy doktorsgraad en publiseer hy sy eerste kortverhaalbundel, Tuin van klip en vuur, asook die digbundel Uit hierdie grys verblyf. Drie van sy dramas word deur die Universiteit van Namibië opgevoer, onder meer by Kampustoneel.

Sy eerste jeugboek, Los my uit, paloekas! ontvang die Silwer Sanlamprys in 1992 en Die optog van die aftjoppers ontvang Goud in 1994. Laasgenoemde ontvang in 1995 ook die hoog aangeskrewe Scheepersprys, sowel as die Suid-Afrikaanse benoeming deur die Kinderboekforum as IBBY Honour Book vir die International Board on Books for Young People.

Sy tweede kortverhaalbundel, Die donker melk van daeraad, verskyn ook in 1994 by Tafelberg-Uitgewers.

In 1997 verskyn die digbundel 'n Staning onder sterre en Nuwe stemme, 'n bloemlesing waarin die werk van elf poësiedebutante opgeneem is en waarvan George mede-samesteller is. Hy word in hierdie jaar ook aangewys as wenner van die tweede prys in die De Kat-romankompetisie met sy eerste volwasse roman, Die onderskepper. In 1998 word dit met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon.

In 1998 verskyn Pella l 'n kruistog vr ('n bloemlesing uit sy vorige digbundels) asook nog 'n jeugroman, Dana se jaar duisend, wat weereens met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon word.

Die roman, Draaijakkals, verskyn in Oktober 1999 by Tafelberg-Uitgewers. Hennie van Coller beskou dit as Weideman se "beste skryfwerk tot op datum".

Sy radiodrama, Lig, verower die derde plek met RSG se radiohoorspelwedstryd 2000/2001.

George was tot met sy aftrede lektor aan die Technikon Skiereiland.

Op Saterdag 17 Julie 2004 het George Weideman die eerste Sanlam-prys vir Afrikaanse teater ontvang.

BRONNE:
Storiewerf <http://www.storiewerf.co.za/cv's/cv_georgeweideman.htm>
Tafelberg Uitgewers < http://www.nb.co.za/Tafelberg/tbAuthorCV.asp?iAuthor_id=2393>
Koop Draaijakkals...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W