Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

National Geographic Atlas of the Middle East

Met die wêreld se aandag wat gefokus is op die Midde-Ooste en Irak het National Geographic, die wêreld se voorste kartografiese outoriteit, ´n nuwe versameling kaarte en inligting oor die Midde-Ooste gepubliseer om die situasie in die omgewing te belig en in konteks te plaas.

National Geographic Atlas of the Middle East is ´n beknopte tog uitgebreide, maklik leesbare volume van opgedateerde kaarte en inligting wat ´n in-diepte ontleding is van die politieke en sosiale kwessies en wat die religieuse en ander magte is wat groepe dryf tot konflik en uiteindelik oorlog.

National Geographic se president John Fahey skryf in die inleiding: "No other area on Earth provokes such fury and fervor, or cradles so many human aspirations as the Middle East. No other has riveted our attention to its affairs almost daily for more than half a century...The task of this atlas is to help you make sense of this tumultuous region's past, the challenges of its present, and the possibilities of its future."

Die atlas bestaan uit drie dele: Nasies, plaaslike temas en geskiedenis. Die gedeelte oor nasies open met ´n politieke kaart van die area. Dit word opgevolg met inligting oor die 16 lande en besette area's in die omgewing. Elke land se kaart toon die olievelde, pyplyne, lughawens, paaie, woongebiede en damme. Dit gee ook die vlag aan, bevolking, kapitaal, godsdiens, taal, lewensvrwagting, weermag, oliereserwes en ´n beskrywing van die ekonomie.

Stedelike kaarte van Bagdad, Beirut, Kairo, Damaskus, Jerusalem en Teheran neem lesers tot in die hart van die verstedelike landskap. Daar is ook ´n kort geskiedenis van eleke stad met meer besonderhede oor temperatuur en reënval.

Die plaaslike temas fokus op die fisiese verskille in omgewing. Daar is kleurvolle kaarte van klimaat, bevolking, godsdiens, etniese- en taal-groepe, olie en water. Daar is meer as genoeg inligting oor klimaat-tipes, bevolkingsaanwas die afgelope 50 jaar, migrasie, heilige plekke vir christene, Jode en Moslems, olie-reserwes, water, invoere, uitvoere en armoede.

Die gedeelte oor die geskiedenis fokus op die tyd van kort voor die Eerste Wêreldoorlog tot vandag.

Ek kan National Geographic Atlas of the Middle East aanbeveel vir enige persoon wat hul eie mening wil vorm oor verwikkelinge in die streek of diegene wat ´n lewendige belangstelling in geskiedenis het.

Koop National Geographic Atlas of the Middle East...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W