Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Wie is Jan Hoender

Jan Hoender, ´n nogal misterieuse figuur, trek die land deur met sy trok hoenders. Hy verhuur die dienste van sy hoenders, want hulle doen twee goed uitmuntend: skrop al wat ´n onkruid is wortel en tak uit, en bemes terselfdertyd die lande en lappe grond waarop hulle losgelaat word.

Soos hy daagliks sy hoenders betrag, sien die enigmatiese ou man raakpunte tussen die bestaan van die hoenders en diť van die mens, en in sy kontemplasies tree hy in die woorde van Andrť Brink as´t ware op as "tolk tussen die wêreld van die hoenders en diť van die mens".

Die uitgewers Kwela Boeke sê daar is ´n aantal onvergeetlike hoenderkarakters: Esmarelda, die meedoënlose tropleier; Daantjie, die opstandige jong haan met die oranjerooi vere in sy halskraag; Esther, die uitskothen, wat snags gruwelstories vertel.

Die verhaal kom tot ´n aangrypende einde wanneer ´n pas uitgebroeide "rare voël" die vermoë om te vlieg, wat die mak hoenderras eeue gelede reeds verloor het, herwin en wegvlieg.

Wie is Jan Hoender? is Jeanne Goosen se eerste roman na ´n lang onderbreking van sewe jaar. Dit het ´n buitengewone tema, soos ´n mens van Jeanne Goosen kan verwag, maar is met dieselfde wonderlike humor en warmte, fyn waarneming en insig geskryf.

Jeanne Goosen is een van die mees veelsydige en mees omstrede skrywers in Afrikaans. Sy debuteer as digter met ´n Uil vlieg weg (1971), opgevolg deur Orrelpunte (1975). Ook as dramaturg druk sy haar stempel af met hoogs suksesvolle eenakters en kabarettekste, Drie eenakters (1992).

Maar dis veral as prosaskrywer dat sy vir haarself ´n prominente plek in die Afrikaanse letterkunde oopskryf met die publikasie van Om ´n mens na te boots (1975), ´n Kat in die sak (1986), Louoond (1987), Ons is nie almal so nie (1990), O.a. Daantjie Dromer (1993) en die kortverhaalbundel ´n Gelyke kans (1995).

Jeanne Goosen het verskeie literêre pryse verower, onder meer die M-Net-prys vir Ons is nie almal so nie. Haar werk word telkens gekenmerk deur vernuwing en sy is veral bekend vir haar heerlike sin vir ironie in die uitbeelding van die dikwels onsmaaklike werklikheid. So verwerf sy ´n ereplek in die Afrikaanse prosatradisie.
Koop/Buy Wie is Jan Hoender?...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W