Stuur jou resensie vir ons by
Therese Benade is 'n afstammeling van die elfde generasie van Anna de Koning, die dogter van die bekende Engela van Bengale, wat 'n slavin was in die huishouding van Jan van Riebeeck. In dié tekstuurryke verhaal herskep sy die fassinerende lewe aan die Kaap in die sewentiende eeu. Sy laat herleef talle interessante personasies, vanaf Eva van Meerhof - ofte wel Krotoa de Cochoqua - tot verskeie kommandeurs en besoekers. Die verhaal dring geleidelik deur tot in die brandpunt van Annie de Koning se bestaan. Beide sy en haar moeder onderskei hulle deur hulle innerlike vuur, intelligensie, en die smagting na méér.... die vlieërs van hulle ambisie sweef inderdaad hoog in die blou Kaapse lug. Wanneer Mooi Annie die soldatehart verower van die aantreklike Sweed, Olof Bergh, loop haar beker oor - van soet én suur.
Soos sy die een uitdaging na die ander onverskrokke tegemoetgaan, besef ons dat die bloudruk vir die gees van 'n vrou die afgelope 350 jaar nog g'n jota of titel verander het nie.
Die boeiende verhaal, wat herinnener aan Pieternella van die Kaap, en
Eilande, word gevoed deur die skrywer se noukeurige navorsing in museums en
argiewe. Sy herroep die Kaapse samelewing met geur en klank, terwyl ons die
tweespalt en selfverwesenliking, teëspoed en vervulling, lyding en
lotgevalle meemaak wat maar deur al die tye nog deel is van ons menslikheid.
Koop / Buy Anna, dogter van Engela van Bengale....
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.